Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hester Geringer

Datum:  14 Maart 2019

 

 

Nckey Rheeder van Missing Child SA het baie insiggewend gepraat. Dit is ‘n baie relevante onderwerp en soveel kinders raak vandag weg. Wanneer ‘n kind wegraak, moet mens liewer nie nog wag nie, maar dadelik ‘n foto neem en by die polisiestasie gaan aanmeld. Sy het daarop gewys dat slegs Missing Child SA die polisie help, en ook dat daar ‘n kind wegraak ongeveer elke 5 ure. Groot mense raak ook weg. Daar behoort nie gewag te word voor aanmelding plaasvind nie. Dit kan ook met jou kind gebeur.

Dit is belangrik om jou kinders in te lig aangaande sulke verdwynings, en veral wat hulle kan doen om dit te voorkom. Wees bedag op persone wat vreemd optree en allerhande lekkertjies ens. aanbied.

 

Missing Child is nie ‘n winsgewende organisasie nie en alle hulp word benodig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nickey Rheeder saam met die sameroeper Ina Mulder.