Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 13 Maart 2019

 

 

Dit was die tak se verjaarsdag en is gevier by Le Must Eatery in Moorreesburg. Die spreker was Hanli Theron van Langebaan waar sy ‘n kunsgallery het.

 

 

 

 

Sy het die gehoor vertel van hoe haar ma haar geïnspireer het om kuns te neem.  Haar ma was ‘n nooi van Moorreesburg. Sy het uiteindelik geland in Langebaan in haar “pampoenhuis” wat sy dan omskep het in ‘n kunsgallery.

Sy het vertel van die Weskus kunsroete wat geskep is en het ook voorbeelde gebring van die werk wat deur van hierdie kunstenaars gedoen word.

Sy het die lede aangemoedig om haar gallery te kom besoek en gesê dat hulle kuns moet koop met hul hart.  Die werk wat met hul hart “praat”, is dit wat gekoop moet word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hanli Theron en haar niggie, Annalida van Loggerenberg

 

 

 

 

 

 

Suretha Fourie en Anna Slabber met hul bekers Konferensie 2019

 

 

 

By die afgelope Konferensie het Moorreesburg tak baie goed gedoen.  Die Voorsitter, Anna Slabber het ‘n eerste plek behaal met haar kuns en Suretha Fourie het ook ‘n eerste plek behaal met haar lekkers.  Baie geluk!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die lede  is bederf met ‘n heerlke stuk koek vir die verjaardag.

Tafel met Anna Slabber by verjaardag 2019