Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewing : Cynthia Huysamen
Datum: 13 Maart 2019
Langebaan se 15de verjaardag word gevier.
Ons saal was pragtig versier deur Marius van Zyl (Koster van die NG Kerk) en kos is uitgesit deur Charlotta van Eeden en ander bestuurslede.
Hilary Nepgen (Voorsitter) het Bestuur en Lede van die Wesskussirkel genooi en die volgende gaste word verwelkom:
Sirkelpresident – Estelle du Plessis – ons ma, eerste voorsitter van die tak.
Sirkel-Vise-President – Marie Grobbelaar – ook voorsitter van Eendekuil-tak
Sirkelsekretaris – Elsabé Carstens – ook voorsitter van Leipoldtville-tak
Sirkeltesourier – Dinette Lochner
Oud-Sirkelpresidente – ons ouma Rosa Lategan en Louna Hoving
Oud-Sirkeltesourier – Sinnie Koeglenberg
Tak-Voorsitters – Maggie Enever, St.Helenabaai; Mary Ann van Schalkwyk, Porterville; Marie Heyns, Hopefield; Anne Meyer, Vredenburg
Ander gaste – Lydia Liebenberg, Porterville; Maggie – Hopefield; Alida – Vredenburg; Gerda – St.Helenabaai;
Stigterslede – Aletta Heydenrych, Elbeth le Roux, Isabel Basson en ‘klein’ Suzette (soos ons haar noem) de la Quere.
Kerkpersoneel – Hannelie en Helene, Marius van Zyl en Annemarie de Kock
Julle is almal eregaste, maar ek kan nie anders as om na my takbestuur en al die lede ook as eregaste te verwys nie. Baie welkom, dankie dat julle moeite gedoen het om van ver af te kom. Ek hoop julle geniet die oggend en soos Johan Stemmet altyd gesê het, “wees gegroet”!
Baie geluk aan Graafwater vir die aanbied van ‘n puik konferensie. Baie geluk ook aan ons lede wat pryse gewen het en baie dankie aan dié wat deelgeneem het, maar nie gewen het nie.
Kompetisies: Breiwerk – 2de Plek – Marianne van Niekerk;
Hekelwerk – 3de Plek – Cornie van Wyk
Skildery – 2de Plek – Henna Greeff
Preservering – 3de Plek – Magda Smit
Presidentstoekenning vir Verdienstelikheid – Hilary Nepgen Voorsitter,Langebaan-tak.
Baie dankie aan die bestuur en elke lid wat dit vir my moontlik maak om aan al die vereistes te voldoen.
Na afloop van die vergadering, kyk ons na ‘n opvoering van “Die Storieboek” aangebied deur Hennah Greeff (aldus Haas Das) en gespeel deur haarself, ander lede en vier vriende wat koor sing en/of deelneem. Almal het die opvoering terdeë geniet, waarna die vergadering verdaag het en ons gaste en lede trakteer is op heerlike eet- en drinkgoed.
Langebaan tak 15de Verjaarsdag
Partytjie tafels
Stigterslede: Isabel Basson, Suzette dela Quara, Elbeth Le Roux, Rosa Lategan, Estelle du Plessis,Sinnie Koegelingberg, Aletta Heydenrych
Estelle du Plessis
Hennah Greeff (Aldus Haas Das)
Hilary Nepgen (Voorsitter)
Konferensie prys wenners: Cornie van Wyk, Marianne van Niekerk, Hennah Greeff,Magda Smit
Leave A Comment