Sirkel:  Griekwaland-Wes

Konferensie

Beriggewer:  Maretha Nowers

Datum:  13 Maart 2019

 

Griekwastad Tak bied op Woensdag 13 Maart 2019 VLV Sirkel Griekwaland-Wes se 87ste Konferensie aan, met die tema: “Laat ‘n Voetspoor”.

 

Die saal is keurig versier met papierblomme en loof vir rangskikkings.

 

 

 

Mev Machel van Niekerk, sirkelpresident, Mev. Erika Lubbe, Ere-sirkelpresident en Argivaris van VLVK, en Mev. Ruby Kriel, voorsitter van Griekwastad Tak en saamroeper van Gesondheid.

 

Die program bied aan ons  sprekers  wat die gehoor baie geniet het.

Charisse Cloete, ‘n voorkomskonsultant en motiverings spreker van Kaapstad, wat aan elke vrou weer haar waarde in God beklemtoon het.  Ons kan dit nie besef nie, as ons nie weet wat God van ons dink en wat Hy graag vir ons wil gee nie.  Elke vrou is uniek!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir portefeulje Landbou en Tuinbou tree Werner Erasmus op as spreker. Hy het ‘n pekanneutaanleg by Hartswater en hy wys aan ons uit hoe skaars water is.  Slegs ‘n derde van die wêreld se bevolking het toegang tot skoon water.  Die besoedeling van plastiek in ons water is ook ‘n groot probleem.  Plastiek is ons vyand.

 

 

 

 

 

 

Vir Opvoeding en Kultuur het Tswana dansers van die plaaslike skool vir ons hul tradisionele danse gedans en met die sing van die Volkslied afgesluit.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir portefeulje Kunste en Handvlyt het Mev. Ronnie van der Westhuizen vir ons ‘n demonstrasie gelewer van hoe om met papierblomme te rangskik saam met loof.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar is ook VLV jaarkentekens uitgedeel aan lede,  Mev Maryna van der Merwe van Postmasburg het haar 60 jaar knopie van mev. Erika Lubbe ontvang.