Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Landbou

Verslaggewer: Cornelia van Dyk

Datum van Gebeurlikheid: 13 Maart 2019

 

Bewaring en rehabilitasie van voëls

 

Michelle Pienaar  is ‘n verpleegkundige. Die passie in haar lewe is diere.

Die Bybel sê:

  1. Kyk na die diere,
  2. gaan voort en word meer,
  3. maak vissers van mense.

Sy is ‘n Tolken van Velddrif gebore en woon nou in Saldanha.

 

Michelle doen rehabilitasie van wilde voël soos Oor uile. Sy werk baie nou saam met veeartse in die omgewing.  Na 18 jaar het ons ook nou hokke en vlughokke wat met behulp van vrywilligers gebou is. Voëls word hiernatoe gestuur van so ver as Lambertsbaai, Rocherpan en ook van Velddrif. Die gerehabiliteerde voëls uit ons area was gewoonlik in die Helderberg vrygelaat, nou word hulle in hulle eie omgewing vrygelaat.

 

Gif wat deur boere gebruik word vir muise en rotte, is n baie groot bedreiging vir voëls. Die uile vang die muise en rotte en kry dan die gif in. Boere is deesdae baie meer attend op uile. Baie boere plaas uilhokke op hul plase.’ n Boer kan tot R35 000 spaar aan gifstowwe as daar uile op hul plaas is.

 

Gif wat aangewend word vir muise en rotte moet ekologies aanvaarbaar wees.

 

Uile eet 6 tot 7 muise in die nag. Hulle kan ook klein katjies vang.

 

Kleintjies moet asseblief nie gepla word wanneer hulle leer vlieg nie. Nonnetjies uile vlieg in die nag en Ooruile in dag.

 

Uile drink nie water nie, vloeistof word verkry uit die rou vleis wat hulle eet.

 

Slakpille in ons tuine is baie gevaarlik vir ons troeteldiere. Slakke, spinnekoppe en ander insekte kan met dassies, tarentale en eendjies onder beheer gehou word.

 

Hier in Velddrif help Eigevis ook om rondloper katte te beheer.

 

Die Spreker Michelle Tolken

 

Soorte voëllewe

 

Uitwerpsel van uile

 

Ooruil.