Sitrkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Jackie Barnardt
Datum: 12 Maart 2019
VLV Willowmore besoek die Gert Greeff Tehuis. Die 34 inwoners is ons gaste. Ansie Greeff gee ‘n kort oorsig oor die ontstaan van die Ouetehuis. 1 Desember 1965 het die eerste inwoners ingetrek. Amour Strydom, die matrone vertel meer oor die funksionering en behoeftes van die Tehuis.
VLV lede vermaak die bejaardes met liedjies soos ” Sonbrilletjies”, “Die witbroek sit nie styf nie” en “Gee haar ’n roos”.
Aangesien Sirkel Middelland 85 jaar oud is, vier ons die geleentheid deur 85 kolwyntjies en 85 rose aan die bejaardes uit te deel. Daar word ook ’n skenking gemaak van 85 artikels soos seep, poeier, room, waslappies, doeke ens. aan die siekeboeg. Die bejaardes ontvang ook elk ‘n laphartjie, armbandjie en sepies wat deur die lede gemaak is.
Amour Strydom, Riëtte Fourie, Alma Fouché, Ansie du Preez
Sonbrilletjies
Kolwyntjies & Rose
Leave A Comment