Sirkel: Tygerberg
Konferensie
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 7 Maart 2019
Konferensie 2019 : Sirkel Tygerberg
Op 7 Maart het Sirkel Tygerberg sy 52 ste Konferensie gehou. Die Kuilsrivier-tak was die gasvroue en het konferensiegangers getrakteer op ‘n baie knap uitleg van die saal en genoeg uitstalruimte vir die talle inskrywings. Tydens teepouse en middagete het almal gesmul aan die heerlike eetgoed wat hulle voorgesit het.
Die hoofspreker wat opgetree het, is
Carin Nel van STOP (Stop Trafficking of People) Ons is trots dat sy ‘n boorling van Kuilsrivier is.
Haar liefdadigheidswerk het in 1983 begin met poppekasbediening aan jonger kinders in die Vrystaat. Dit brei uit d.m.v. traktaatjiebediening en kinderkerk asook handwerkklasse en Bybelstudie vir huishulpe.
In 2008 is sy ‘n stigterslid vir ‘n plek van veiligheid vir vroue en kinders en mede-stigter van STOP- ‘n Christelike nie-winsgewende organisasie wat mensehandel beveg met takke in Wes-Kaap, Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga. Bewusmaking word by skole en gemeenskappe gedoen en uitreike, saam met straatwerkers, na vroue op straat. Sy moedig dames aan om betrokkke te raak by sulke aktiwiteite. Caren is dankbaar vir God se genade.
Die groot aantal inskrywings het die beoordelaars se taak moeilik gemaak. Hieronder is ‘n paar foto’s van die pragtige inskrywings en pryswenners.
Elfrieda Auret van Stellenberg Vonkelvriendinne – Wenner met die meeste punte vir alle inskrywings.
Skilderye – tema: “Rustig,” asook skinkbordlap met Batik
Breiwerk en Hekelwerk: Gilet en ook die gehekelde aandtoppie
Wenartikel: Gevorderde borduurwerk
Henna van der Westhuizen van Brackenfell met die trofee vir die meeste punte in Gebak. Ook die trofee vir Gevorderde Masjienwerk. Trofee is oorhandig deur Erika Lubbe (Argivaris)
Elizabeth Joseph van Stellenberg Vonkelvriendinne – Trofee vir die meeste punte in Kuns, asook pryse vir Batik, Preservering, Gebak en Blommerangskikking Intermedier
Presidentstrofee vir uitnemendheid is deur Parow- en Goodwood-takke gedeel: V.l.n.r. Maretha Bester (Voorsitter van Parow), Ita van der Merwe (Sirkelpresident: Tygerberg), Wenda Preuss (Voorsitter van Goodwood)
Parow-tak: Tak met die meeste punte in totaal en in al die afdelings.
Tak met die meeste inskrywings
Totaal vir naaldwerk
Totaal vir tuisteskepping
Goodwood-tak: Tweede meeste punte algeheel
Ledewerwing / groei
Gemeenskapsbetrokkenheid.
Dis ‘n vreugde om deel van VLV Sirkel Tygerberg te wees.
Leave A Comment