Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 7 Maart 2019

 

Vleismeesters in Wellington het ons verwelkom met lekker happies van verskillende soorte wors wat hulle maak.  Die kuns van worsmaak in die slaghuis van Noël en Alta McSeveney is vir ons gedemonstreer.  Die verhouding van bees tot vark vleis is 70/30 of 60/40. Skaapvleis kan ook gebruik word.  Die derms kan bees, skaap, vark of sintetiese derms wees.  Die derms word in water gehou, om dit meer hanteerbaar te maak.  Sintetiese derms word net so gebruik.  Worsmaak is ‘n kuns wat bemeester moet word.

 

Die dames doen hul inkopies  en vertrek na die Wellington-Noord Kerksaal om meer te leer van stoele.  Hoekom is ‘n stoel so belangrik?

Volgens Chrissy de Canha van Space Invaders moet die volgende in ag geneem word, as daar op ‘n stoel besluit word:

  • Lengte van persoon
  • Gewig van persoon
  • Ouderdom
  • Liggaamsbou

Die kriteria is belangrik veral as dit ‘n werkstoel is, omdat daar vir ‘n paar uur per dag op die stoel gesit word.

Wanneer jy gaan sit is die volgende ook belangrik:

  1. Jou voete moet plat op die grond wees
  2. Jou knieë en bene moet ‘n L vorm
  3. Jou elmboë moet ook ‘n L vorm as jy regop sit

Voorwaar ‘n baie leersame oggend.