Sirkel: Weskus
87ste Konferensie
Beriggewer : Nicoline Brown
Datum: 6 Maart 2019
Sirkel Weskus het hule 87ste Konferensie op Graafwater gehou.
Die verwelkoming en bekendstelling word deur mev. Estelle du Plessis, Sirkelpresident gedoen.
Ds. Sam Eigelaar, predikant van NG Gemeente Graafwater open die Konferensie met skriflesing en gebed en ‘n baie gepaste gedeelte oor die voetspore van vroue rondom die kruis.
Kersseremonie: Mevv Rosa Lategan en Louwna Hoving en die ses Saamroepers behartig die aansteek van die verskillende kerse.
Groete boodskappe: Mnr. Gideon de Beer – voorsitter van die Landbouvereniging dra groete en seënwense oor aan konferensiegangers.
Mev. E. du Plessis hou haar jaarverslag aan die Konferensie voor.
Gasspreker: Francine van Niekerk – Redakteur van LIG.
Onderwerp: Hoe laat ons die regte voetspoor na
Sy beklemtoon dat dit al hoe moeiliker is om die regte ding te doen of die regte voetspore na te laat. Wees jouself; omring jou met goeie positiewe vriende; wees dankbaar sodat jou brein die goeie goedvoel hormone kan afskei; vriende slyp mekaar en die antwoord is om by Jesus se voete te bly.
Aanbiedings deur Saamroepers word gedoen en verslae vir goedkeuring is voorgelê:
- Openbare Sake: Nicoline Brown – onderwerp: SASSA – belangrike inligting i.v.m. nuwe SASSA-kaarte.
- Leefstyl: Mev. Joline Russouw – onderwerp: Nuwe kombuisapparaat en wenke vir ‘n droomboek.
- Gesondheid: Spreker: Mev. Hanli van Zyl – KANSA – pamflette word uitgedeel i.v.m. 365 dae uitdaging op Wêreld Kankerdag; donasies word ingesamel en oorhandig spesifiek vir dames se borsrekonstruksies en prosteses.
- Opvoedng & Kultuur: Marié Grobbelaar – onderwerp –
Verskillende kultuurgroepe in ons reënboogland.
- Landbou & tuinbou: Spreker: Leentjie Lotz – ‘n Tuin in potte.
Mev. Gina Smit – VLV verteenwoordiger by Agri Weskaap gee terugvoer van belangrike Agrivergaderings wat sy bygewoon het.
- Kunste & Handvlyt: Marlene Dirkse v Schalkwyk – onderwerp –
Coastal treasures – demonstrasie hoe om proteas van skulpe te maak!
Twee pragtige items word gelewer deur leerders van Graafwater Sekondêr – hulle bespeel fluite en ‘n klawerbord. Bianca Willemse lewer twee solo sang-items.
Prysuitdeling word deur die Visepresident behartig, bygestaan deur mev. Joline Russouw, Leefstylsaamroeper. Mev. Rosa Lategan oorhandig die trofeë.
Die trofee vir die meeste punte in totaal word deur Velddrif verower;
Die 10 uit 10 trofee word aan Porterville oorhandig.
Afskeidswense:
Mev. Marlene Dirkse v Schalkwyk (Kunste en Handvlyt)-saamroeper tree uit na jare van diens aan die sirkel; mev Estelle du Plessis bedank haar vir haar getroue en korrekte manier van optrede tydens haar termyn.
Die Konferensie word verdaag en afgesluit met die sing van die Volkslied – die onderskeie vlae word uitgedra en die konferensielede vorm ‘n vriendskapskring en sing “Sal ons ou kennisse ooit vergeet”.
Konferensie 2020 sal in Langebaan aangebied word in samewerking met Hopefield en Langebaan-takke.
SIRKELBESTUUR: 2019
President: mev. Estelle du Plessis
Vise-president: mev. Marié Grobbelaar
Sekretaris: mev. Elsabe Carstens
Tesourier: mev. Dinette Lochner
Saamroepers: Gesondheid : mev. Mary-Ann van Schalkwyk
Opvoeding & Kultuur : mev. Marié Grobbelaar
Kunste & Handvlyt : mev. Elize Knoetze
Landbou & Tuinbou : mev. Maggie Enever
Leefstyl : mev. Joline Russouw
Openbare Sake : mev. Nicoline Brown
Voormalige Sirkelpresidente saam met Sirkelbestuur 2018: mevv. Louwna Hoving en Rosa Lategan(Sirkel Weskus) saam met Estelle du Plessis (huidige) en agter mev Sunette de Villiers (Sirkel Worcester)
Mevv Estelle du Plessis saam Francine van Niekerk (gasspreker – LIG redakteur) en Elsabe Carstens (sekretaris)
Sirkelbestuur 2018 in ligte luim – NG Kerk Graafwater – voorportaal
2019 Nuwe Sirkelbestuur
Leave A Comment