Sirkel:  Noord Karoo

Tak:  Britstown

Studierigting:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Sunel Jansen van Rensburg

Datum:  27 Februarie 2019

 

Ons is reg vir “ruk en riel”

 

Die rieldans is een van die jonger ATKV-projekte wat met ‘n ongekende vaart voortrol, momentum opbou en die Wes- en Noord-Kaap aan die dans het!

 

Kultuur was vandag aan die voorpunt van ‘n interessante vergadering. Klara Maritz en haar spannetjie rieldansers het ons alles kom vertel van die riel, ‘n eg Suid Afrikaanse belewenis. Na ‘n suksesvolle jagtog of oes het die Khoi en San al sirkelende om die vure hierdie ritmiese dans uitgevoer.

 

Dit is ‘n ekspressionistiese dans, die uitbeeldings en nabootsings van diere en voëls.  (vlerksleep, sekretarisvoël wat met ‘n slang baklei of die bobbejaantjie en die perd word algemeen gebruik).  Werksomgewings word nageboots, soos die askoek of skaapskeer.  Die fokus val op verskeie aspekte soos hofmakery en sosiale-morele kwessies.  Die dans van die werkersklas, die uitbeelding van die plaaswerker en die skaapskeerders, die vroue wat wasgoed was en brood bak.

 

Na die dans het die kinders die lede van die VLV ‘n bietjie geleer om te riel.  Die dubbel trap van eers hak dan toon het vir groot pret gesorg.