Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 26 Februarie 2019

 

 

Vlv Klein-Brakrivier het ʼn Februarie-Fees!

 

Die VLV Klein-Brakrivier Tak het 26 Februarie ʼn heerlike middag saam met Heléne Swanepoel se kunsgroep geniet. Die propvol middag het onder meer ʼn uitstalling van hierdie groep se pragtige kunswerke ingesluit. Die kunsgroep lede is Heléne Swanepoel, Deville du Plessis, Retha-Jane Buys, Cecilia Pieterse, Petro Reinke, Charlotte Smith en Lydie Terblanche. Elkeen van die lede het ʼn spesifieke rol vervul, alhoewel hulle op alle vlakke betrokke was: Lydie het namens Heléne waargeneem as sameroeper, Deville het die pragtige tafelversierings gedoen, Deville en Charlotte het die besondere servet-rosies vir die teekoppies gedoen. Petro, met die hulp van Charlotte, het haar ervare hand oor die teetafels gehou. Retha-Jane het die kunsuitstalling hanteer en Cecilia het behalwe haar gewone pligte, ook ʼn demonstrasie gelewer.

 

Kunsgroep

 

Bets Smith, ʼn plaaslike skrywer van ontspanningslektuur (reeds 26 publikasies), het lekker gesels oor haar agtergrond, inspirasie en hoe helde en heldinne deur die jare verander het. Daar was ʼn uitstalling van haar boeke en ʼn lootjie vir een van haar heerlike leesboeke is getrek. Daar is ook ʼn aparte lootjie vir Pandora se boks getrek. Dit was seker die eerste keer in die geskiedenis van die tak dat een persoon, in hierdie geval die gelukkige Marie Kotze, albei lotings wen. Dan was daar ook ʼn mosaïek-demonstrasie deur Cecilia Pieterse en ʼn saamsing geleentheid met Hester Krige op die trekklavier. Smaaklike eetgoed en ander interessante items is by die marktafel verkoop. Soos gewoonlik is die broodknippie-en-plastiekproppie-projek goed ondersteun.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bets Smith gesels oor aar boeke

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Laetitia Steyn met honde kombersie wat sy spesiaal gemaak het

 

 

 

 

 

Die maandelikse liefdesmandjie vir behoeftige diere het ook mooi gegroei. Laetitia Steyn het hiervoor ʼn besonderse kombersie gebrei. Die kompetisie tafels was so swaar gelaai, Rita Burger en Engela Buys, kon nie deur die loop van die middag klaarmaak met beoordeling nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nuwe VLV Klein-Brakrivier lede tot dusver vir 2019: Charlotte Smit, Helen le Roux, Retha-Jane Buys, Gerda Siebrits, Meisie Pretorius, Suzanne le Roux en tannie Ina Greeff het oorgeskuif vanaf Hartenbos-tak. Welkom julle almal!

 

“At the March meeting – Adri Mans, a Body Stress Release Practitioner, will enlighten everyone on this complimentary, gentle yet precise technique to release stress from the body. For more information on the March programme, contact Dee Disney on 083 292 0743 or [email protected]”.

 

Deville du Plessis het hierdie pragtige tafelversierings gedoen

 

 

 

 

 

 

 

Deville du Plessis en Charlotte Smit het pragtige rosies vir teetafel gemaak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Petro Reinke was in beheer van die teetafels

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Cecilia Pieterse het mosaik demonstrasie gelewer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel van Cecilia se mosaik aanbieding

 

 

 

 

 

 

 

 

Marie Kotzen wen al twee die trekkings

 

Pragtige kwiltwerk as deel van kunsgroep se uitstalling