Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 26 Februarie 2019

 

Jackie Barnardt stel die dames bekend aan Microgreens. Microgreens kom voor in ’n wye verskeidenheid van kleure, geure en smake. Microgreens is klein omdat dit geoes word voordat dit kan groei tot sy volle potensiaal. Dit gebeur tussen 7-14 dae nadat die saad ontkiem het. Dan eindig jy op met gesonde klein plantblare wat ± 7 cm hoog is. Omdat jy hul laat groei tot net hierdie stadium, stel hul ’n meer intenser geur en smaak vry en hul voedingswaarde is baie hoog. Groente en kruie klassifiseer as microgreens. Gewilde microgreens is radys, beet, pietersielie, ertjies, broccoli, sonneblom, dille beet, wortels, mosterd, kool, chives, fennel, seldery, mint ens.

 

Microgreens is baie gewild om gekweek te word want dit groei maklik, is nie duur nie en jy kan dit dwarsdeur die jaar kweek en sommer in jou kombuis. Om hul by te voeg as  deel van art dekor op ’n bord of om ekstra oemf in die smaak van die gereg te gee, is deesdae en lank reeds oor die wêreld ’n bekende gebruik.

 

Rona Nieuwoudt demonstreer die maak van Sweetie pies en 6 kombersies van gebreide blokke word aan VLV lede uitgedeel.

 

Microgreens

 

 

Irene Colborne, Annatjie du Preez, Alma Fouché, Anneke Lötter, Ansie Greeff