Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 21 Februarie 2019
Elsabé du Plessis het ons kom vertel van die waarde van bugu wat nie net tee of salf is nie.
Die volgende oor Bugu-bedryf is uitgelig:
Bugu groei aan suidelike hange van Piketberg rondom die kuslyn tot by Plettenbergbaai
117 spesies inheems aan Suid-Afrika, maar net 2 soorte kan aangeplant word
Kan net klein plantjies , van ontkiemde sade aanplant. Geen Steggies
Dra wit blommetjies en het penwortelstelsel
Net 1 keer per jaar geoes, in warm maande
Bugu moet 100% organies wees as dit gelewer word
Olieselle op die blare word deur Distillasie-proses onttrek
Olies gaan na Frankryk- parfuum; Amerika-voedselbedryf en Duitsland vir Mediese bedryf
Bugu word in Volstruisbedryf gebruik, rol in behandeling van Diabetes word nagevors
Die Stokkiesbedryf (wingerd) is eie aan die Boland en spesifiek Wellington-area. Lote word geënt op sterk onderstok en dan na ‘n jaar wat dit in die grond is, aan die boer verkoop om te plant. Die volgende is belangrik vir die stokkiesbedryf:
Die onderstok wat gebruik word, asook die lote, word bepaal deur of dit wyn of tafeldruiwe sal wees en hoe die wyn of druif moet proe
Die grondtipe, area waar dit geplant word, rigting van die rye asook of dit opgebind of bosplante sal wees
Die boer sal eers 3 jaar nadat dit geplant is, vir die eerste keer oes
Die nuwe wingerd kan tot 45 jaar goeie druiwe lewer
Olyfbome is van die Bybelse tyd bekend en ‘n simbool van rykdom en vrede.
Olywe word koud gepers om olie te maak. Hoe meer bitter die olie, hoe beter is die olie. ‘n Sterk pepergeur is kenmerkend van die olie.
250 verskillende variëteite olywe is bekend. Die olie word veral in kos gebruik, maar ook as olie om leer te voed of as naskeermiddel vir mans.
Helena van der Spuy van Simply Bee by Hopefield kom ook kuier. Simply Bee het in 2011 begin en het vel en gesondheidsprodukte van heuning op die mark.
Die Bye-bedryf kry swaar onder die droogte asook gifstowwe en die swamsiekte(AFB) wat bye getalle baie laat afneem het. In sekere gebiede is daar nie meer bye nie, dit moet “ingebring” word. Brande in baie gebiede het ook die laaste paar jaar die getalle beїnvloed.
Bye is baie hardwerkende en nuttige insekte.
Bye korwe het gemiddeld 40-80 000 bye
1 Koninginby wat 2,5-5jaar lewe
100 mannetjie bye wat 28-48 dae lewe
Werkerbye, wyfies
Kongingin lê 2500 eiers per dag
Mannetjie is net daar om met Koningin te paar en vrek dan
Werkerbye – kan nie voortplant nie, voer die mannetjies, voer die larwes wat aan die kant van korf is, maak propelus, gaan soek die kos, kan tot 5km ver vlieg
Maak hul eie koningin
2 Soorte in Suid-Afrika: Cape Capensus (Suide) en Scoutelata(Noorde)
Belangrik vir die produsering van voedsel
Byeboere moet by die Departement Fauna en Flora(DOFF) regsitreer en kry dan ‘n nommer wat op die korwe en produkte moet verskyn. Inspeksies word gereeld gedoen en lys van boere is beskikbaar. Siektes en diefstal kan op die manier beter beheer word. Onverskillige boerdery is gevaarlik.
Kinders moet ingelig word oor bye en hoe belangrik hulle is.
Voorwaar ‘n heerlike en leersame oggend.
Agter: Helena vd Spuy; Jaunita Loubser, Elsabe du Plessis
Voor: Gerda Smit
Leave A Comment