Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 20 Februarie 2019

 

Aberdeen VLV se Februarie 2019 vergadering was propvol leersame onderwerpe!

 

Lea van der Vyver verwelkom almal open met ‘n stukkie oor hoop en dat God ons weer moed en hoop kan gee wanneer ons moedeloos en moeg voel.

 

Vir Openbare Sake verduidelik Sameroeper Suzanne Lategan arbeidsake rondom die implimentering van die nuwe nasionale minimum loon.

 

Landbou en Tuinbou Sameroeper, Elna van Niekerk, se praatjie getiteld “Met die maan gepla”, leer lede wat die invloed van die verskillende maanfases op tuinbou is en watter tuintake wanneer gedoen moet word.  Sy gee ook wenke vir ‘n groentetuin in ‘n pot.

 

Carina Esterhuizen, Leefstyl Sameroeper, laat lede behoorlik skater met opruimingsghoere Marie Kondo se 8 lesse in opruiming van jou huis en klerekas.

 

Daarna vertel Sameroeper Opvoeding en Kultuur, Luise de Jager, die vergadering oor die Mexikaanse Kultuurfees, “Dia de Meurtos” – Die Dag van die Dooies.  Mense vereer familie wat afgesterf het, trek kleurvolle uitrustings aan, versier hul gesigte soos kopbene en maak tradisionele kos.

 

Estelle van Wyk bied namens Kunste & Handvlyt Sameroeper, Annalie Lategan, ‘n praatjie oor kreatiwiteit aan.  Elkeen word kreatief gebore en die samelewing onderdruk dit soos ons volwasse word.  Kreatiwiteit is nie net in kuns nie – dit is in alles wat ons aanpak en ons moet doelbewus fokus om kreatiwiteit te ontwikkel en uit te leef.

 

Gesondheid Sameroeper, Adele de Jager, deel inligting oor depressie en angsversteuring, wat vandag so algemeen voorkom.  Elkeen ontvang ‘n pakkie met gesonde peuselhappies, asook ‘n lysie van die eienskappe van versteekte depressie om saam te neem.  Dit is belangrik om hulp te soek en met iemand te praat as jy depressief of angstig voel.

 

Gloria Peniston en Estelle van Wyk word gelukgewens met hul verjaarsdae en Lucille van der Merwe wen die gelukkige trekking van die dag.

 

Die vergadering sluit af met heerlike eetgoed en sap, keurig voorgesit deur Heidi Lombard en Theresa van der Merwe.

 

 

 

Vlnr agter: Lucille van der Merwe, Carina Esterhuizen, Judith Dardis, Luise de Jager, Estelle van Wyk, Christelle Nel, Lize de Jager, Heidi Lombard, Theresa van der Merwe, Adele de Jager, Marié Swanepoel, Lea van der Vyver

Vlnr voor:   Suzanne Lategan, Stephnie van Zyl, Anna Heroin, Elna van Niekerk

 

 

Keurige tafel met eetgoed

 

 

 

 

 

 

 

Blomme

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tafel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tertjies