Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 Februarie 2019

 

Kristie Swanepoel het ‘n graad in Ontwikkeling en Omgewing en het die lede kom toespreek oor die impak wat plastiek op ons omgewing en oseane het.  Sy vertel van die groot ophoping van mariene rommel en hoe die seediere vasgevang word in plastiek.  Diere sien dit as kos en hulle het ‘n dooie walvis met 6kg plastiek in sy maag gevind.  80% van mariene rommel kom van die land af.

 

Om hierdie probleem aan te spreek, moet ons by die huis begin.  ‘n Baie groot probleem is dat huishoudelike afval swak herwin word.  Plastiekbesoedeling veroorsaak chemiese besoedeling.  Plastieksakke beïnvloed die groei van gewasse.

 

Daar word gereken dat as besoedeling teen hierdie tempo aanhou, daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see gaan wees.

 

Skokkende feite oor hoeveel plastiek in die oseane is:

Minstens 8milj. ton plastiek kom elke jaar in die oseane,

Dit is soortgelyk aan om elke minuut ‘n vullisvragmotor vol plastiek in die oseaan te stort.

Daar is meer mikroplastiese plastiek in die see as sterre in die Melkweg.

322milj.ton  plastiek is in 2015 vervaardig – dieselfde gewig as 900 Empire State Buildings wat van graniet en staal gemaak is.

60-90% van mariene rommel is plastiekgebaseer.

Meer as 50% van seeskilpaaie het plastiek verteer.

 

Die gemiddelde SA burger verbruik elke jaar 167 plastiekwaterbottels, maar herwin slegs 25% van dit. Die hoeveelheid plastiek in die wêreld se oseane kan met 10 in die volgende dekade toeneem. Sigaretstompies, plastieksakke, visgereedskap en kos-en drankhouers is die mees algemene vorms van plastiekbesoedeling wat in die oseane voorkom.

 

Wat kan ons doen?  Ons lewenstyl moet verander – MAAK SKOON – RUIM OP!  Doen dit in jou omgewing en op ons strande. Sê NEE vir plastieksakke en plastiekstrooitjies.

 

REDUCE, REUSE, RECYCLE!

 

Karin Marais (sameroeper) en Kristie Swanepoel(spreker).