Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje:  Opvoedkunde en Kultuur

Beriggewer:  Hester Geringer

Datum: 14 Februarie 2019

 

 

Mnr Eric Conradie, hier saam met Ester de Bruyn, Voorsitter, is ‘n stigterslid van die Curro Privaatskole in Suid Afrika en het by ons kom praat veral oor privaatskole. Hy het baie klem gelê op die nodigheid van privaatskole in Suid-Afrika, aangesien die staatsskole nie baie goed funksioneer nie. Vandag het skoolonderrig baie verander en word daar nie meer van ‘n swartbord en kryt gebruik gemaak nie, maar met witborde en ‘n rekenaar. Privaatskole lê ook klem daarop om minder kinders per klas te hê. Dit is jammer dat so baie kinders in vandag se skole nie al die onderrigvoordele het nie, en daar kan met reg geê word dat daar ‘n ‘lost generation’ grootgemaak word.

Ouers en grootouers moet baie begrip hê vir kinders vandag in die skole en nie negatief daaroor praat nie. Tye het baie verander.