Sirkel: NOK
Tak: Molteno – NOK
Studierigting: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 13 Februarie 2019
Die Kunste & Handvlyt Saamroeper, Irma Davel, het ‘n uitstalling gereël van ‘n plaaslike “Vuurhoutjie-Bouer”. Flip Horn bou met uitgebrande vuurhoutjies – enigiets van bedlampies tot helikopters en motortjies wat as ornamente kan dien.
Dan het die tak die voorreg gehad om 2 lede se 90ste verjaardae met sjokoladekoek te herdenk: Issie Pieterse en Baby Cloete! Laasgenoemde het by verlede jaar se Konferensie ook haar 70 jaar-kenteken ontvang!
Die byeenkoms is afgesluit met vrolike samesang, met voorsitter Helen Noorman as begeleier op die trekklavier. “Suikerbos (VLV), ek wil jou hêêêêê”!!!!
Helen Noorman kap dit uit op haar trekklavier
Issie Pieterse en Baby Cloete met hul sertifikate en verjaardagkoek.
Leave A Comment