Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid:  13 Februarie 2019

 

Danielda Verster Neonatale ICU-Sister by die Kuilsrivier Netcare Hospitaal kom deel met ons haar passie met prematuur gebore babas.

 

Volgens wet is die fetus vanaf 26 weke lewensvatbaar. Uitsonderings kan gemaak vir babas op 23 weke. Hulle weeg dan tussen 350 en 600 gram. Hierdie babas verloor nog gewig na geboorte as gevolg van vogretensie. Die ouers van hierdie babas word vooraf voorberei op alle risiko’s. Hulle het dus ‘n keuse om aan te gaan met die swangerskap.

 

By geboorte word die baba in n ziplock sakkie geplaas om te keer dat hulle temperatuur verloor en die velletjie nie uitdroog nie.

 

Tussen 10 en 20 monitors word aan die baba gekoppel, en 28 verskillende soorte medikasie word toegedien om die organe te versterk. Daar word vandag 1uit 10 babas prematuur gebore, en 99% van die babas word gebore met geelsug.

 

Die baba word elke 4uur met 0.5ml melk gevoed aangesien die magie so groot soos n ertjiepit is. Die grootste risiko, is dat aartjies kan bars omdat dit baie fyn is. Dit kan moontlike breiskade of ander defekte meebring.

 

Babas kan tot 118 dae in hoësorg bly, maar  kan huistoe gaan wanneer die gewig 1.8kg is.Die koste in hospitaal beloop van 1.5 na 2 miljoen rand. Hierdie babas het dieselfde lewensduurte as normal gebore, maar kan agterstande beleef.

 

Sameul Schultz, het grootgeword in ‘n stabiele huis, met genoeg liefde en omgee. Verkeerde keuses het hom in ‘n strik van verslawing laat beland. Hy het ‘n aanvaarbare vriendekring gesoek, totdat hy aan die deur van ‘n Staalkonstruksie Maatskappy geklop het vir werk. Hy is indiens geneem. Hy het dadelik die liefde ervaar van menslikheid is nie sonder foute nie, maar verg eerlikheid en opregtheid. Hy is opgelei en verantwoordelikheid gegee, waarin hy vandag baie suksesvol werk. Hy het ‘n seun van 9jaar.  Hy besef dat God hom liefhet ongeag sy keuses, maar dat sy omkeer hom geseënd en voorspoedig maak. Nuwe werk en vriende verwelkom hom, hy presteer en dit voeg waarde toe tot ‘n beter lewe.

 

Danielda Verster – Spreker

 

 

Sameul Shultz

 

 

Lede kuier lekker saam

 

 

Tafelversiering