Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Erika Linde
Datum: 13 Februarie 2019
Plastiek ons vyand – ons VLVK Projek
Vanjaar is die jaar wat VLVK erns wil maak van PLASTIEK, ONS VYAND.
Die volgende inligting is baie insiggewend;
Die volgende produkte vat verskillende tydperke om te ontbind:
Papier handoek 2-4 weke
Piesangskil 2-4 weke
Bruin papiersak 1 maand
Lemoenskil 6 maande
Melk kartonne 5 jaar
Sigaret stompies 10-12 jaar
Plastiek houers 50-80 jaar
Plastiek bottels 450 jaar
Weggooi doeke 550 jaar
Vislyn 600 jaar
Plastiek sakke 200-1000
Om hierdie rede het Mimosa besluit om ‘n dag aan te bied waarop hul saam met hul huishulpe, geleer het om met plastieksakke te hekel. Hester Terblanche, het op ‘n baie kundige wyse gedemonstreer hoe om eerstens die plastiek sakke te knip, te las en dan op te rol en daarmee te hekel. Sy het ‘n badkamer matjie wat reeds 10 jaar in gebruik is, saamgebring en ook ander voorbeelde van artikels wat uit plastieksakke gehekel is.
Die dames het dit almal baie geniet en almal was dit eens dat dit uit en uit die moeite werd is om ‘n daadwerklike poging aan te wend om die vermorsing van plastieksakke te beperk.
Ons het vir die ysbreker elkeen ‘n ballon om die enkel en moes mekaar se balonne bars en die laaste een wat kon uithou was die wenner.
Hester Terblanche wat die demonstrasie gegee het.
Die ene konsentrasie….
Die dames luister aandagtig na die instruksies.
Leave A Comment