Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  7 Februarie 2019

 

‘n Powerpoint-aanbieding word vertoon van elke skoen terwyl elke bestuurslid ‘n voorstelling/voordrag doen.

 

 

  • Platformskoene – Om hoë hoogtes te bereik (Louwna Hoving)

Die lewensleer om na hoogtes te klim vra selfrespek, regte keuses, balans, sensitiwiteit vir ander, voortdurende evaluering.  Die sporte van die leer is nie bedoel om op ander sehande te trap of jou voet te lank laat rus nie, trap jou voetspoor só dat jou hart in elke tree is.

 

  • Teaterskoene en Handskoene – Gesondheid en Gebed (Martel Fourie), Eed van Hippokrates word voorgelees en ‘n kers word aangesteek.

 

  • Gumboots – Bid vir die reën (Lydia Liebenberg)

Reëngebed deur Hildene Vermaak:  Diere kry swaar, krippe leeg, plantegroei en boere lei onder droogte. Almal se lot is in die hand van ons Heer en smeek dus vir uitkoms vir reën.

 

  • Safety boots – Voetspore vir veiligheid teen geweld teen vroue en kinders (Joey Koen)

Soos die veiligheidskoen beskerming vir die tone bied moet bejaarde persone versigtig wees en ouers hul kinders beskerm in winkelsentrums.

 

  • Warm pantoffels – Warm liefde van ‘n moeder (Marietha Swanepoel)

‘n Moeder is geskep om te verstaan, foute te verbloem met liefde, die beste in haar kind raak te sien, vreugde te versprei, om te gee vir natuur en altyd lojaal te bly in voor- en teëspoed en in te tree by God. (Voorlesing uit Noem haar ma deur Sonja Peacock)

 

  • Hoë hak skoene – Vroulikheid (Ray Wilton)

Ondersoek jou skoenkas.  Is jou skoene vir die “show” en is jy gemaklik met dit?  Om vroulik te wees moet jy dit opsy skuif en dra dit wat die Skoenmaker spesiaal vir jou gemaak het.  Staan jou plek vol in hierdie skoene.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Balletskoene – Dankbaarheid vir talente en gawes (Lariska Verster)

Elkeen is spesiaal met ideale, moet talente ontgin, lewenstaak moet wees om ander aan te raak en nie net te vermaak nie en dit te deel met ander.  (Voorlesing uit Gawes en Talente geskryf deur Irma Botha)

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Plakkies en hiking boots – Ontspanning en omgee vir natuur (Estelle Odendaal)

Jou persoonlikheid bepaal ook watter tipe kleur jy kies: Rooi – aksie-georiënteerd, oranje – uitdagend, geel – perfeksionis, groen – soek sekuriteit, blou – innerlike vrede, indigo – leef in harmonie, pers – behulpsaam, pienk – soek aanvaarding, turkoois – emosioneel gebalanseerd, magenta – onkonvensioneel, bruin – leef in eenvoud, swart – onafhanklik, wit – hou van eenvoud – grys – beheersde staatmaker, silwer – intuïtief, goud – waar-    dering vir ander.

 

  • Vellies – Kultuurbewaring (Hedwig Schoch)

Die kultuur van vellies beeld die vroue uit wat tydens die Groot Trek oor die Drakensberge getrek het, maar ook die Rieldansers van die inwoners van Wuppertal en ander streke.

 

  • Fietsryskoene  – Fiksheid en sportdeelname (Mary-Ann van Schalkwyk)

VLV en fietsryskoene het baie in gemeen:  gemaak vir dieselfde doel, maar met eie unieke voetspoor.  Vorm ‘n eenheid, samewerking is nodig, beweeg vorentoe, geniet dit, ondersteunend in moeilike tye.

 

Lede dra verskillende skoene om die goeie wedloop te hardloop, nederig te wees, spanwerk te bevorder, doelwitte te bereik, kompetisiedeelname te bevorder, diensbaar te alle tye te wees, natuur te bewaar, lewenslustig te wees sodat daar voetspore van liefde in die VLV en gemeenskap gelaat word volgens eie keuse en wat mense sal onthou.

 

Jean-Marie Gagiano sing drie liedjies:  Shallow, Shoulders en Footprints in the sand. 

 

Die verhoog en voorsitterstafel is versier met 52 paar skoene en ‘n voetspoor met elke lid se naam op is uitgestal.

 

Elke lid het ‘n voetspoor op ‘n banier getrap wat gebruik sal word tydens die VLV se deelname aan die Relay for Life. 

 

 ‘n Versierde hoëhakskoen was een van die eetgoed wat aangebied was by die tee.