Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 12 Februarie 2019

 

 

Vryburg VLV fokus op gesondheid en hoe kruie gebruik kan word.

 

Ester Naudé vertel dat kruie al sedert Bybelse tye gebruik word. Aalwynsap en mirre is gebruik om lyke te balsem.

 

Kankerbossie (Sutherlandia frutescens) bou die immuniteitstelsel en help vir angs, depressie en rumatiek.

 

Daggaolie kan pyn verlig, bloeddruk, epilepsie en alzheimers verbeter. Help vir naarheid na chemo.

 

Melkdissel of milk thistle (Silybum marianum) breek gifstowwe in die lewer af en werk velveroudering teen.

 

Seeroogkatstert (Bulbinella) help met genesing van wonde, insekbyte, koorsblare en sonbrand.

 

Smeerwortel of comfrey (Symphytum) kan gebruik word vir asma, sinus- en longkwale. Dit is ook handig vir skurwe hande en voete.

 

 

Ester Naudé en Carien van Niekerk