Sirkel:  Weskus

Tak: Moorreesburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum: 6 Februarie 2019

 

Vir die eerste vergadering van die jaar is almal hartlik welkom geheet en dit was ‘n blye weersiens vir almal. Evelynn Dippenaar het haar 40 jaar knopie ontvang.  Wat ‘n groot mylpaal!

 

Suretha Fourie was die spreker.  Sy het vir die lede gewys hoe om ‘n roulade te maak en te vul.  Eers skei jy 6 eiers en dan klop jy die witte styf.  By die geel van die eiers sit jy sout en peper en ‘n bietie suiker na smaak en speserye. Dan gooi jy die geel by die wit en werk deur. Daarna meng jy lepel vir lepel 100g meel in. Dan sit jy alles in ‘n plat bakplaat op ‘n teflonvel. Druk in die voorverhitte oond van 180 grade vir 15 minute. Wanneer uit oond kom, gooi uit op ‘n nat afdroogdoek en rol op met die doek.  Wag tot afgekoel.

 

Die roulade kan gevul word met tuna en mayonnaise of met salm en roomkaas.  Rol weer op.  Aan die bokant smeer jy roomkaas om die rol te seël, anders droog dit uit. Versier met kruie, peppadews, komkommer.

 

Die twee roulades wat gemaak is tydens die vergadering is voorgesit vir die lede tydens die tee na afsluiting.  Heerlik!

 

Al die lede het gesien hoe eenvoudig dit is om ‘n spoggerige ete voor te berei en is nou geïnspireer om dit self te probeer.

 

Suretha Fourie en Adele du Toit besig om roulades te vul

 

Die foto van die Bestuur is vlnr: Adele du Toit, Suretha Fourie, Edith Rust, Anna Slabber (Voorsitter), Erna Swanepoel, Annemie Bester, Nollie Bester, Agter: Marteliz Britz (Sekretaresse), Annalida van Loggerenberg (Tesourier), Aletia van Heerden

 

Anna Slabber en Evelynn Dippenaar

 

Adele du Toit en Suretha Fourie besig met roulades

 

 

Adele du Toit en Suretha Fourie met klaar roulades