Sirkel: SWD
Tak: Klein Brakrivier
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 29 Januarie 2019
Vlv Klein-Brakrivier Tak skop die jaar af.
Die VLV Klein-Brakrivier Tak, het op ʼn hete Dinsdag, 29 Januarie 2019, letterlik die nuwe jaar met vuur en vlam ingespring! Voorsitter Hester Krige en haar bestuurspan, was verantwoordelik vir die suksesvolle byeenkoms waar drie nuwe lede ook aangesluit het.
Daar was ʼn insameling van vriendskapsmunte vir die Wêrelbond van Plattelandse Vroue; ʼn prysuitdeling vir die 2018 uitblinkers; en ʼn bondige bespreking van 2019 se aktiwiteite. Die res van die middag is heerlik saamgekuier rondom oorlaaide tee- en koektafels.
As deel van die VLV Klein-Brakrivier Tak se jaarprojekte, is broodknippies en harde plastiek proppies ingesamel (om gratis rolstoele te bekom). Daar was omtrent ʼn bakkievrag vol proppies – dankie vir almal. Verder is daar ook begin met ʼn maandelikse liefdesmandjies vir behoeftige diere. Sodra hierdie mandjie lekker oorvol is, sal dit aan ʼn kwalifiserende instansies geskenk word.
Merk solank ook in die dagboek die volgende byeenkoms op 26 Februarie. Heléne Swanepoel en haar kuns-groep beplan ʼn propvol middag met ʼn plaaslike skrywer, musiek en ʼn mosaïek demonstrasie. Daar gaan ʼn uitstalling wees van hierdie groep se pragtige kunswerke, ʼn marktafel en ʼn lootjie vir ʼn heerlike leesboek. Natuurlik sal daar ook ʼn lootjie getrek word vir Pandora se boks. Meer inligting oor die kompetisies is beskikbaar in die jaarprogram.
Kentekens is aan die volgende lede oorhandig:
Annette Bosman 15 jaar
Deville du Plessis 20 jaar
Rosemarie Liebetau 25 jaar
Sus Olivier 40 jaar
Hannetjie Swanepoel 10 jaar
Gerda Visser 5 jaar
Lynette Nel 10 jaar
Daar is ook blomplantjies uitgedeel vir 9 lede wat ‘n 100% bywoning gehad het.
Ria, Lynette, Lydie, Cecilia, Heléne, Elize, Engela & Rita
Celilia Pieterse ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Lynette Nel ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Lydie Terblanche ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Elize Kieser ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Heléne Swanepoel ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Top presteerder Engela Buys ontvang sertifikaat van Rita Burger (links)
Ria van Straaten het pas sertifikaat van Rita Burger (links) ontvang
Lidmaatskap van VLV van links, Sus, Lynette, Gerda, Deville, Rosemarie
Daleen Cloete (links) 2de plek vir 2018 konferensie – mikrogolf vrugtekoek
Sertifikate 2018:
Engela Buys 2018
Eerste Plek Takpunt (2899)
Eerste Plek Ope Afdeling (566)
1ste Gebak (310), 1ste Hekelwerk (540), 1ste Breiwerk (461),
1ste Borduurwerk (68), 1ste Handvlyt (232)
1ste Konferensie Artikels 2019 (379)
1ste Gebottel (459)
2de Masjienwerk (450)
Helene Swanepoel 2018
Tweede Plek Takpunt (2713)
Tweede Plek Ope Afdeling (549)
1ste Masjienwerk (467)
2de Gebak (288), 2de Hekelwerk (524), 2de Breiwerk (460),
2de Borduurwerk (65), 2de Handvlyt (206)
2de Konferensie Artikels 2019 (210)
3de Gebottel (423)
Elize Kieser 2018
Derde Plek Takpunt (2476)
1ste Fotografie (468)
2de Blomme (425); 2de Gebottel (434)
3de Gebak (214), 3de Masjienwerk (370), 3de Borduur (60)
3de Konferensie Artikels 2019 (146)
Ria van Straaten 2018
2de Fotografie (305)
Lydie Terblanche 2018
Derde Plek Ope Afdeling (515)
1ste Blomme (559)
Cecilia Pieterse 2018
3de Hekelwerk (148)
Lynette Nel 2018
3de Breiwerk (147)
3de Handvlyt (160)
3de Fotografie (85)
3de Blomme (243)
Dit was ‘n baie lekker afskop vir die nuwe jaar en ons het weereens gesien hoe talentvol ons vroue is. Die berig wat Lydie geskryf het is baie voledig en laat ons almal trots voel om deel te wees van Klein Brakrivier groep.