Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 23 Januarie 2019
Die nuwe jaar se Openingsbyeenkoms was ook die vorige jaar se Prysuitdeling. Lede ontvang punte vir verskeie aspekte soos teenwoordigheid, kompetisie-deelname, programaanbieding, ens. Die wenners is soos volg: 1. Lenie Fourie; 2. Bertha Rossouw; 3. Anna van Niekerk; 4. Sonja Kruger. Hulle ontvang elkeen ‘n VLV-teelepel. Blomme is oorhandig aan Tesourier Anna van Niekerk en Sekretaresse Antoinette van Pletzen vir dienste gelewer.
Lenie Fourie het verskillende wolle wat vir weefwerk gebruik kan word, gewys, asook hoe die skering en inslag werk. Elke lid moes ‘n leë bottel saambring, en Lenie vul elkeen met wit klippies en ‘n vetplant. Lede het dit met verskillende lint en tou versier wat Lenie verskaf het. Anna van Niekerk het foto’s van die Bome van die Jaar, asook van die Voël van die Jaar gewys.
Op die foto spog die lede met hul versierde bottels!
Voor sit Anna van Niekerk en Antoinette van Pletzen, Agter staan Lenie Fourie, Bertha Rossouw, Lida Rossouw, Sonja Kruger, Elize Oosthuizen, en Dawn du Plooy.
Leave A Comment