Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Jackie Barnard
Datum: 22 Januarie 2019
Spreker: Sarah Cromhout. Sy is betrokke by die Kudde Akademie, St Olive (Herding Academy) te Graaff-Reinet. Sy is tans besig met haar M.Sc. wat gedoen word op die impak wat skape op plantegroei veroorsaak, samestelling van die landskap en funksionering van grondeienskappe in die Nama Karoo. Sy vertel oor die Herders wat sy oplei om die veld te beskerm. Sy vertel van die skape waarmee hulle werk wat saans op kraal gesit word, in ‘n intensiewe klein area om bossies oop te trap en te bemes. Na elke tweede aand word hulle kraal verskuif na volgende area.
Anneke Lotter vertel van hulle toer na Reunion Eilande waar hulle boerbokke, boere en ‘n Boerbokskou gaan besoek het.
Die middag is afgesluit met heerlike roomys en vars vrugte in seisoen nl, waatlemoen, turksvye, perskes, druiwe en spanspek.
Sarah Cromhout & Adriana Theunissen
Sarah Cromhout & Adriana Theunissen & Anneke Lötter
|
Leave A Comment