Sirkel: Tygerberg
Tak: Brackenfell
Datum: 6 Desember 2018
Beriggewer: Lettie Van Wyk
28 Lede van Brackenfell het in die Tennisklub, waar ons gewoonlik vergader, bymekaargekom en almal het saamgewerk om die saal in ‘n ommesientjie te omskep met feestelik getooide tafels en versierings. Daarna het almal lekker saamgekuier totdat die kos arriveer het. Francois en Marietjie Uys van FRANMAR CATERING het vir ons ‘n feesmaal voorgesit. Geskenkies is oor en weer uitgedeel aan geheime vriendinne en dit was heerlik om uiteindelik te ontdek wie die jaar by jou ge’spook’ het.
Die tyd het heeltemal tevinnig verbygegaan en na ‘n heerlike kuier-oggend is ons uitmekaar met goeie Kerswense aan mekaar.






Ek benodig die tak se kontak info vir ñ vriendin wat binnekort Brackenfell toe trek asb?