Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 5 Desember 2018
Aberdeen VLV verras die kinders van die Bambino Sopkombuis met ‘n Kersparty in lid Jean Watermeyer se tuin. Lea van der Vyver verwelkom almal en vertel wat die middag gaan gebeur. Die kinders open met die Onse Vader gebed. ‘n Boekie, geskenk deur Bargain Books, word aan elke kind oorhandig en Annalie Lategan vertel die storie terwyl hulle blinkoog luister en hulle eie boekies deurblaai. Annalie lees ook die Kersverhaal uit die Kinderbybel voor. Daarna deel lede koek en koeldrank uit waaraan heerlik gesmul word.
Bambino kinders met hul tannies Leonie en Jane, asook VLV lede
Storietyd met Annalie Lategan
Kinders met hul koek en koeldrank
Leave A Comment