Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Opvoeding & Kultuur en Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 15 November 2018

 

Die jaarlikse afsluiting van Wellington was weereens ‘n heerlike en baie leersame byeenkoms.

 

Lanése Knipe, ‘n Arbeidsterapeut het vir ons kom raad gee oor hoe om die kleinspan die vakansie besig te hou en sommer te help ontwikkel in die proses.  Kinders se ontwikkeling werk soos ‘n huis.  Daar is ‘n fondasie (sensoriese en mototriese ontwikkeling), boustene, bv. potloodgreep en dan die dak wat lees, skryf en sosiale aktiwiteite insluit.  Al hierdie elemente moet saamwerk om die kind se ontwikkeling so goed as moontlik te maak.  Verskillende tipes spel die vakansie sal die kind help ontwikkel:

  1. Fantasiespel of Rollespel bv. speel skool-skool
  2. Konstruksiespel bv. bou blokkies
  3. Motoriese spel- bv. boomklim, fietsry
  4. Multi-Sensoriese spel bv. gebruik van sintuie
  5. Vryspel- kind kies self wat hulle speel
  6. Digitale spel- moet baie gereguleerd wees

 

Lindie Senekal van Pizzas Interiors het ons kom lus maak om ons huise mooi te maak vir die feestyd.  Kies ‘n tema en gebruik sommer wat maklik bekombaar is in en om jou huis.

 

Lizette Ferreira, van Ma’s vir Wellington het die skenking van skryfbehoeftes ontvang vir die kindertjies in hulle program, wat moet skool toe gaan in 2019.