Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Beriggewer: Julene Stephan
Datum: 15 November 2018
Vredendal neem afskeid.
VLV Vredendal het afskeid geneem van die jaar se werksaamhede met ‘n heerlike kuier by Vredendal Kwekery, met kersgeskenkies en -boodskappies ingesluit. Daar was vreugde maar ook ‘n bietjie hartseer. Voorsitter Sanet Ras oorhandig ‘n ruiker aan Beatrice van Zyl om die VLV se medelye te betuig met haar man, Wemmie, se afsterwe.
Daar moet ook totsiens gesê word aan Julene Stephan, jarelange korrespondent vir die VLV. Tipies van Sanet met haar liefde vir vetplante is haar afskeidsgeskenkies ‘n vetplantjie in ‘n fraai houer. Sanet self het besluit om na 9 jaar as voorsitter die voorsittersbalkie te oorhandig aan Rita Eitner as haar opvolger, ‘n gewilde keuse vir almal.
Kentekens word oorhandig aan Alta Wiese ( 5 jaar ), Willemien Coertsen en Dalene Hein ( 10 jaar ), Sophie Malan en Aletta Nel ( 15 jaar ), Dirkie de Jongh ( 20 jaar ) en Beatrice van Zyl, ‘n allemintige 60 jaar, 51jaar daarvan by Vredendal se VLV tak.
Elmarie spreek daarna die tak se waardering uit vir Sanet se leiding en harde werk as voorsitter. Sy het diep in almal se harte gekruip. Sy lees ook ‘n brief voor van Sirkelpresidente Heidi van Niekerk waarin sy haar groot waardering uitspreek vir Sanet as VLV lid en voorsitter, en ook aan Julene Stephan.
Daarna is daar gekuier en gesels soos net VLV dames kan.
Alta Wiese 5 jr, Sanet Ras Voorsitter, Dalene Hein 10 jr, Beatrice van Zyl 60 jr, Willemien Coertsen 10 jr, Aletta Nel 15 jr. Afwesig: Dirkie de Jongh 20 jr en Sophie Malan 15 jr.
Julene Stephan, Sanet Ras, Rita Eitner en Elmarie Fouche
Leave A Comment