Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Kunste en Handvlyt en Openbare Sake
Beriggewer: Theresa Troskie
Datum: 14 November 2018
By Murraysburg se Kersprogram op 14 November het die leerlinge van Murraysburg Voorbereiding Skool, onder leiding van VLV-lid Elsjé Kruger, vir ons die pragtigste kersliedere gesing met hul eie slagorkesbegeleiding. Groot pret as die kleintjies vir ons optree!
Tydens hierdie vergadering is ’n hele handvol diensknopies uitgedeel. Johanna van der Merwe (links) het aan twee van die lede baie spesiale knopies oorhandig: Dorees Pienaar, 60 jaar lid (middel) en Winifred Grobler, 55 jaar lid (regs)
Leave A Comment