Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  9 November 2018

 

 

Die Bestuur vir 2019 is van links na regs agter die Saamroepers:  Hedwig Schoch (Openbare Sake), Martel Fourie (Gesondheid), Lariska Verster (Landbou en Tuinbou), Joey Koen (Kunste en Handvlyt), Estelle Odendaal (Opvoeding en Kultuur), Lydia Liebenberg (Leefstyl)

Voor:  Ray Wilton (Visevoorsitter), Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter) en Louwna Hoving (Sekretaris/Tesourier)

 

 

Die Bestuur is ook nou uitgebrei en Marietha Swanepoel is as Hulpsekretaris verkies.

 

 

 

 

 

Joan Mostert het as nuwe lid aangesluit by die Tak, slegs 14 dae nadat sy na Porterville verhuis het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Tak het met hartseer afskeid geneem van Helena Liebenberg op 2 November na ‘n siekbed.  Sy was 57 jaar lid van die Tak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Tak het gedurende 2018 twee spesiale projekte geloods:  Donasies vir die SPCA vir dierebehoeftes, soos komberse, blikkies kos en waterbakke, asook die Padwerkersprojek om vir 6 weke lank weekliks ‘n vrug en broodjies afgelewer by die padwerkers by die Ry/Stoppunte op die pad tussen Porterville en Gouda om dankie te sê vir hulle vriendelikheid te midde van ongure weersomstandighede.

 

 

 

Lydia Liebenberg en Mary-Ann van Schalkwyk saam met die padwerkers.

 

Estelle Odendaal, Chrisna Schreuder en Brix Visser saam met die padwerkers.