Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Louwna Hoving,

Datum:  6 September

 

Van die Kaap tot Kaϊro

 

‘n Powerpoint-aanbieding van Piet en Karen Boshoff se alleentoer van 22 000 km deur 14 lande van Afrika van die Kaap tot by Alexandrië in die noorde by die Middellandse See word vertoon.

 

 

 

Die roete was deur Namakwaland, Namibië, Botwana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zanzibar-eiland, Rwanda, Uganda, Kenia Sudan, Egipte.  Die volgende interessanthede

en ervarings word gedeel deur Karen:  Namakwaland:  die Spoegriviergrotte uniek.  Namibië: weldoeners by Rosh Pinah huisves hulle gratis na teëspoed met hul voertuig;  veldslaghuise teen die pad in Caprivi is algemeen, asook huise van pale en klei en ‘n donkiekar met die bak van ‘n Ford-bakkie. Zimbabwe:  ruïnes is baie indrukwekkend;  bobbejane lasting;  hiënas verniel hulle plastiek wasgoeddrommetjie; ‘n olifant in die kampplek voor die ablusiegeriewe.  Zambië:  Pad-markte is alles teen die paaie, steenkoolhouers (sakke) orals te koop, kommunikasie ‘n probleem, maar gebare taal werk. Oornag na lang rit sommer by ‘n enigste huisie en eet saam met die pa en ses kinders.  Malawi:  alles word op fietse vervoer – beddens, doodskiste, hoenders aan fietshand-vatsels vasgemaak.  Die Malawimeer word gebruik vir wasgoedwas, bad, tandeborsel  en inwoners bly in riethuisies.  Mosambiek:  Klein mosseltjies word daagliks uitgehaal vir kos.  Tanzanië:  Besoek die kasteel van die Sultan uit die 13-15de eeu, gebou tydens slawehandel.  ‘n Kremetartboom in die middel van die ontvangslokaal van Kilwa Masdio.  Besoek die Zanzibar-eiland se StoneTown met koraalklippe gebou, daar is 806 pragtige deure wat dateer uit 1870-1880.  Doolhof van stegies waar net fietse en motorfietse kan ry.  Geboue lyk van buite baie verwaarloos met baie moderne binnekant, besoek ook die ooskus, Ngorongoro-krater en Serengeti. Laasgenoemde ingerig vir toeriste, maar hulle sien nie die vuil kombuis waar kos gemaak word nie!  Vlieë en rotte in oorvloed.  Besoek ook ‘n kinderhuis en gee sepies en tandepasta, waarvoor hulle ‘n borg gehad het, af.  Ruanda:  Besoek afgelê waar die oorblyfsels van die massamoord van Tutsis deur die Hutu-regering bewaar word. Tussen 500 000 tot 1 000 000 mense is in 100 dae vermoor, sowat 70% van die Tutsis.  Uganda:  Mistige uitsig oor die baie groen natuurskoon, hoofsaaklik teeplantasies.  Winkels stal voorraad op stellasies teen die straat uit.   Kenia:  Besoek die Thompson Falls.  Geen ander kampeerders en slaap dus sommer in die ablusiegeriewe en maak daar kos. Die hotel by die grenspos het grondvloere.  Etiopië:  Eet ‘n nuwejaarsmaal  en bier op die grens by Mojale.  ‘n Tipiese maaltyd bestaan uit geregte met ‘n baie sterk rissie-smaak.   Pragtige natuur-tonele en ‘n besondere huis van riete in die vorm van ‘n olifant gesnoei.  Die Dorzistam se vroue doen die swaar werk, dra baie swaar en die mans doen die weefwerk. Addis Abiba is vol skape en beeste deur die hele stad.  Lalibella is 11 klipkerke wat uit groot rots uitgebeitel is en ongeveer 20 jaar geneem het om te voltooi.  63% van die Hamerstam is Christene.  ‘n Bedekte hoof is verpligtend.  Woon ‘n voorhuwelikseremonie by wat deur die bruidegom en sy en bruid se familie bygewoon word.  Die bruid is nêrens in sig nie. Die twee seremonies is Bull jumping en Whipping.  Die bruidegom moet nakend oor ‘n ry beeste spring en die vroue word op die rug geslaan totdat die bloed loop.  Hulle maak ook van pakdiere gebruik.  Soedan:  Die woestyn is baie aangrypend en hou ‘n bekoring in.  Waterkruike staan orals langs die pad vir drinkwater.  Kamele, helder versierde voertuie en stof is oral te sien.

 

Egipte:  Ramses II, grootste van alle Faraos se tempel is 1279 vC gebou teen die Nyl.  In die sestiger jare is die Nyl opgedam om die Nasserdam te bou.  Die tempel is in stukke gesny en hoër op gedra.  In die Vallei van Konings is 63 faraos en hooggeplaastes begrawe, eers in piramides en later in grafkelders.  Khufu se piramide is die grootste en oudste.  Alles langs die Nyl is groen.  Die hotelle in Alexandrië is modern en die kos uitstekend.  Pretzels en pitabrode word by elke maaltyd bedien.  Seekosse is volop.  Die inwoners eet baie en hul inwoners is groot, terwyl die res van Afrika skraal is.    Die grenspos om in Egipte te kom, het probleme geskep. By die grens word ‘n Arabiese nommerplaat aan die voertuig gesit.  Die voertuig moes ook by die grens uitgepak word, hulle duur satellietfoon is gekonfiskeer en vroue het geen aansien.  Hulle het ‘n oponthoud van 27 uur by die grens ondervind omdat kommunikasie ‘n groot probleem is.  Die dokumente wat uitgereik word, word in Arabies geskryf en het ‘n hele dag geduur.  Om uit Alexandrië te kom was ‘n probleem omdat die voertuig toe nie op die stelsel was nie.  Om klaring te kry moet bewys gelewer word dat jy geen spoedoortredings begaan het nie.  Die hotelbestuur was baie behulpsaam omdat die verblyf 10 dae langer geduur het as wat beplan was.  Die voertuig is in ‘n skeepshouer verskeep en mag geen brandstof in die tenk hê nie.  Die Land Rover sou een maand neem  om na Suid-Afrika te verskeep.  Dit het toe 80 dae geduur wat baie spanningvol was.  Hulle het teruggevlieg na Suid-Afrika.  Opsommend kan gesê word dat hulle baie gasvryheid ervaar het op die toer en dat die Here saam met hulle was en Sy engele wat hulle beskerm het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die saal was met ‘n Afrika-tema versier.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Spreekwoorde uit Afrika en hul betekenis word as pitkos aangebied.

Suid-Afrika:

Noord-Sotho:  Bana ba kgwale ba bitsana ka melodi:  Die kinders van ‘n patrys roep mekaar met ‘n fluit  = soort soek soort

Suid-Sotho:  Motsamai oa ja noha:  ‘n Reisiger sal ‘n slang eet = ‘n Persoon sal enige iets eet terwyl hy op reis is

Namibie: Otjiherero:  Ombwa imwe kai tye odamba:  Een hond vang nie ‘n olifant nie = Mens het die hulp van ander mense nodig. 

Zimbabwe:  Tsonga:  Xihlovo xa le mahlweni I madlayisa torah:  ‘n Boorgat wat ver is sal jou laat doodgaan van die dors = Lewe vir vandag, want môre is nie gewaarborg of seker nie.