Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Erika Linde
Datum: 31 Oktober 2018
Tydens ons Oktober vergadering aan huis van Izette Niemann, saamroeper van Landbou, het ons ‘n heerlike oggend beleef.
Ami de Wet het met ons sy kennis van Bonsai boompies gedeel en het sy pragtige bome vir ons kom wys. Hy het genoem dat ‘n Bonsai, ‘n miniatuur weergawe is van ‘n boom wat in die natuur voorkom. Dit word deur manipulasie so gevorm dat dit miniatuur bly. Die vorm verander altyd deur en dis deel van die vreugde om met ‘n lewende skepping te werk, wat aandag en liefde nodig het. Dis ‘n eeue oue Japanese kunsvorm wat baie gewild oor die hele aarde is.
Daarna is daar ‘n kort spreekbeurt aangebied oor die beste tuinwenke.
Ook het Izette haar vetplantversameling aan ons gewys en was almal verwonderd oor die groot verskeidenheid vetplante wat sy in haar binnehof onder skadu vertroetel.
Ami de Wet en Izette Niemand
Izette Niemand tussen haar versameling vetplante
Leave A Comment