Sirkel: Tygerberg

Tak: Kraaifontein

Beriggewer: Ita van der Merwe

Datum: 24 September 2018

 

 

Kraaifontein Tak  vier hul 70ste verjaardag en neem afskeid.

 

Op 13 September 2018 het die Kraaifontein-tak van Sirkel Tygerberg hul 70e verjaardag gevier. Dit was ‘n heerlike oggend van saamkuier en gesellig wees. Oudlede van die tak wat nou aan ander takke in die sirkel behoort soos mevv Tuala Vorster en Lydia van Rooyen en lede wat weens omstandighede nie meer aan VLV behoort nie, mevv Susan van Zyl, Estelle Stramroodt en Hester Swart het ook die kuieroggend saam met die tak geniet.

 

Kraaifontein-tak is in September 1948 met 17 lede gestig. Die tak het toe aan Sirkel Kaapstad behoort.

 

In 1967 het Sirkel Kaapstad verdeel in suidelike voorstede en noordelike voorstede, wat as Sirkel Tygerberg bekend sou staan. In 1977 tot 1994 is mev Marie Louw gekies as voorsitter van Kraaifontein-tak met 62 lede. Sy is opgevolg deur mev Esmé Kühn, wat van 1995 tot 1997 voorsitter was. Mev Louw  is weer verkies as voorsitter, en het die pos tot 1999 beklee. Sy is daarna gekies as Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg, ‘n pos wat sy 9 jaar lank beklee het.

 

Mev Elizabeth Cloete, beoordelaar op die paneel van VLVK, is in 2000 verkies as voorsitter van Kraaifontein-tak tot en met 2005. Mev Cloete het vanjaar na 15 jaar uitgetree as hoofbeoordelaar.

 

In 2006 is mev Emmie le Roux  gekies  as voorsitter van die tak en is vanjaar vir nog ‘n termyn herkies. Die tak het tans 22 lede.

 

Dit was ‘n heuglike dag met ‘n traan daarby. Ons moes afskeid neem van mev Marie Louw, wat van 1975 af lid was van die tak, aangesien sy binnekort na George verhuis. Ons beste wense vergesel haar en ons glo dat sy spoedig by ‘n tak in George sal aansluit.

 

V.l.n.r. Dina van Nierkerk; Ester Smal; Marlene Pretorius (almal van Kraaifontein)

 

Elizabeth Cloete (KFT); Marieta Hartzenberg(KFT); Helena Borcherds (voors, Bottelary-Koelenhof); Tuala Vorster (voors Welgemoed en Sirkelsekr); Lydia van Reenen(Sirkel tes.)

 

 

 

 

 

 

 

Estelle Steenberg; Sonia de Goede en Loy van Sittert(Kraaifontein)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ita van der Merwe(van Kraaifontein en ook Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg); Susan van Zyl(oudlid van Kraaifontein); Marie Louw(Kraaifontein)

                                                                                                                                                                                             

Lede en gaste verkeer gesellig saam