Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Beriggewer: Annica van Greunen

Datum: 30 Oktober 2018

 

Op 30 Oktober 2018 was dit die VLV Calvinia se jaarlikse Potpourri vergadering. Kani Parker het die aand geopen met ’n nota-stukkie uit haar ma se Bybel wat gehandel het oor die Kruis in my sak.

Annica van Greunen het die aand se amptelike praatjies geopen met Maaltydbeplanning wat so reg in die kraal van die Gesondheidsprotefeulje is. Sy vertel so bietjie van haar eie lewe en hoe sy vanaf Februarie 2018, 23kg verloor het met die hulp van die #nuwejy dieet van Finesse tydskrif. Sy gee ook haar persoonlike wenke tydens haar reis. Daarna vertel sy sommer namens die Leefstyl portefeulje wat in die Somer van 2018 nuwe moontlike modes gaan wees. Vanaf smokwerk tot polkakolle.

Adrene Verdoes vertel namens die Openbare Sake portefeulje vir die dames van die Nooddienste in Calvinia. Skakel 027-3412417 of 10177 vir Mediese hulp, ongelukke, Ambulans, munisipale krisis, polisie of brande.  Sy vertel ook van die blou inligtingsborde langs die pad en hoe jy dit kan gebruik as jy langs die pad gaan staan.

Charmain Cupido wys vir die dames hoe om hul eie kersboom engeltjie versiering te maak namens die Kunste en Handvlyt span. Kani Parker het ons kom vertel van die DIY Gardens en DIY Veg Gardens toeps wat mens op jou foon kan aflaai, wat vir jou mooi verduidelik wanneer mens wat kan plant en dit sommer binnenshuis.

Laastens vertel Irena Smit ons hoe die aansoeke en keuring by die ouetehuis werk en wat die kostes rondom verskillende individue beloop en waarom dit verskil van individu tot individu.

Dit was omtrent ’n prettige en leersame vergadering.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kani Parker open die aand met ’n nota uit haar ma se Bybel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLV vergaderings is pret! Lize du Plessis en Adrene Verdoes lag lekker vir iets pittig.

 

 

 

 

 

Annica van Greunen praat oor maaltydbeplanning en die modes vir Somer 2018.

 

 

 

 

 

 

 

Adrene Verdoes vertel bietjie die dames van die Nooddienste van Calvinia.

 

 

 

 

 

Charmain Cupido wys die dames hoe om kersboom engeltjies te maak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kersboomengeltjies.

 

Irena Smit praat met die dames oor toelatingvereistes tot die ouetehuis.