Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 25 Oktober 2018

 

Bloubessies, vars en gesond

Wellington se dames het die wêreld van die bloubessie in die pragtige Wellington distrik gaan verken.  ‘n Heerlike somersoggend het ons begroet op die eens historiese plaas, Ernita  Dit is nou die tuiste van Indigo Berries.  Stefan Badenhorst , die produksiebestuurder asook plaasbestuurder het ons ingelig oor die nuwe ontwikkelinge op die plaas.   Die plaas is 113 hektaar groot waarvan 65 hektaar teen Desember onder bessies sal wees.

 

 

 

 

 

 

Die volgende is belangrik vir die kweek van die bloubessies vir die uitvoermark:

1. Die bessies word in netjiese rye, sowat 3m uitmekaar en 75cm van mekaar geplant. Die grond tussen die rye word beplant met 3 soorte grasse om erosie en dreinering in baie nat toestande te voorkom.

2. Die bessies word onder nette geplant omdat die gehalte en kwaliteit baie beter is en die waterverbruik 25% laer is.

3. Bloubesessies hou van water, maar nie nat voete nie en dis waarom drupbesproeiing baie effektief werk. Die plantvoedsel word ook in die water geplaas.

4. Bye korwe word ingebring om bestuiwing te doen. Die blommetjie van die Bessie hang na onder en maak bestuiwing moeilik.

5. Die oestyd is vir 4 maande, Augustus tot November.

 

 

 

 

 

 

 

Een werker per hektaar is nodig om die boerdery effektief te hanteer.  Daar word reeds werk vir 24 permanente werkers gegee en sal vermeerder soos wat die aanplanting van al die boompies voltooi word.  In die oestyd sal dit ook werk vir nog ‘n paar honderd werkers bied.  Die ontwikkeling is voorwaar ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die gemeenskap.

 

Die maatskappy is nie net by die plaas en bessies betrokke nie, maar ook by plaaslike skole waar dit reeds groot finansiële bydraes maak.