Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 12 September 2018

 

Die eerste spreker was Mnr. Nic Faasen van Withoogte se waterwerke.  Withoogte verskaf water aan al die dorpe in die Swartland sowel as die suidelike Weskus dorpe.  Withoogte verskaf ook aan 994 plase in die omgewing water.  Volgens Mnr. Faasen het die Weskus ‘n goeie verhouding met die Stad Kaapstad.

 

Voëlvlei waterwerke is die oudste in die land. Voëlvleiskema is in die suide van die streek en die Misverstand/Withoogteskema in die noorde.

 

By Withoogte word eers kalk, dan soetvlok (poli-elektroliet) by die rouwater gevoeg sowel as chloor, so min as moontlik, om die water te suiwer. Daar is twee herwinningstelsels by Withoogte en die verlies van water is so laag as 1% (tot 10% is aanvaarbaar).

 

Die pype is 40 jaar oud en moet eintlik al vervang word, maar daar is akoestiese kameras afgestuur en die pype is nog in ‘n goeie toestand. Dit is die grootste bate van die waterwerke!

 

Daar is studies gedoen oor die toekoms van water. Water is ‘n strategiese, kosbare en skaars hulpbron. Die mors van water kan nie geduld word nie en alle water wat gebruik word moet gemeet word en van rekenskap gegee word.  Elke druppel tel en tel ook elke druppel!

 

Die tweede spreker was Mnr. Danny Rossouw van Darling Security Systems.(DSS)  Hy het vertel van die kameras wat by die ingange van dorpe geplaas is en goeie reaksie gehad het. Die polisie is ook betrokke.  Hulle is ook besig om kameras op te sit wat op die strate uitkyk. Skelms word gevang op kamera.

 

Hy beveel aan dat huisalarms aangesit moet word. Laat sit ook ‘n liggie in vir buite. Die sekuriteit wat in die tuin gesit kan word is goed, want dit verhoed dat ‘n persoon inkom.

 

DSS wil klein bly sodat hulle betrokke kan bly by hulle kliënte. Hy beveel ook aan dat jy die “armed response” bel as jy bang is in die aand wanneer jy laat tuiskom.

 

Twee baie interessante sprekers wat ‘n mens laat dink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr Nic Faasen van Withoogte se Waterwerke saam met Edith

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr Danny Rossouw van Darling Security Systems saam met Edith

 

‘n Voorskoolse groepie 5-jariges het die gehoor kom vermaak met versies en liedjies.