Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 16 Oktober 2018

 

Een van ons baie talentvolle lede, Griet le Roux, was die spreker.  Sy het ‘n baie interessante batikdemonstrasie gelewer.  Batik is ‘n eeue-oue kuns, want daar is lappe in die Egiptiese grafkelders gekry.  Batik beteken “kolletjie”, en die oorspronklike batikwerk het net uit kolletjies bestaan.

 

Lap met natuurlike vesels word verkieslik gebruik.  Sy verduidelik die hele proses stapsgewys – van die aanwend van die warm bye/kerswas tot die stryk of doop in kookwater vir die finale produk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Griet, besig met een van die batiklappe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die lede het mildelik bygedra tot die projek van Kindersorg waar Monique Strydom, ‘n vorige spreker, betrokke is.