Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Berriggewer: Yvonne Neethling

Datum: 10 Oktober 2018

 

 

Op 10 Oktober 2018 open Annelie Strydom die Vise Voorsitter die vergadering in Langebaan met gasvroue van Opvoeding en Kultuur aan die woord.

Ons gasspreker vir Oktobermaand in Langebaan was Naomi Meyer, ‘n oud-Onderwyser wat kanker en ‘n beroerte oorwin het.  Sy moes vroëer as beplan haar beroep verlaat a.g.v. haar gesondheid, maar met genade van Bo het sy volkome herstel.  Sy gebruik haar tweede kans om inter-aktiewe praatjies by skole en ander instansies te hou  oor die enersheid van ons diverse nasie, wat beklemtoon word deur die waardes waarmee ons grootword.  Die wenresep is om mekaar beter te verstaan en dit kan slegs deur middel van reguit en eerlike gesprekke gebeur. Sy spoor elkeen van die lede aan om hierdie gesprekke persoonlik toe te pas in ons dag tot dag belewing van ons gemeenskap en omgewing.

 

Naomi Meyer – Gasspreker

 

Opvoeding en Kultuur gasvroue

 

Pragtige versierings

 

Annelie Strydom – Vise-Voorsitter