Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 13 Oktober 2018

 

Nieuwoudtville VLV hou elke jaar ‘n pretstap wat lede en dorpenaars asook besoekers van omliggende dorpe verwelkom.  Lana van Wyk het die geleentheid twintig jaar gelede begin om die gemeenskap bewus te maak van fiksheid asook om geld vir die VLV in te samel.

 

Die pretstap het plaasgevind op 13 Oktober 2018 om 08h00 vanaf Grasberg oor Avontuur wat ongeveer 7,5km grondpad is. Die koste van die pretstap wat ‘n heerlike plaasontbyt insluit, was R70 per persoon. Die stappers, drawwers en fietsryers het by Grasberg weggespring elk met ‘n bottel water en ‘n nartjie vir energie.

 

Intussen is ‘n heerlike ontbyt voorberei wat ingesluit het sap, kaaswors, eiergereg, roosterkoek, plaasbrood, mini muffins en skons met botter en konfyt asook lewer en niertjies, pap en smoor en natuurlik koffie en tee.

 

Die Avontuur Natuurreservaat is deel van WWF wat die renosterveld bewaar en daar is selfs nog ‘n paar spinnekop-blomme gewaar…

 

Grasberg se eienaars moet bedank word vir hul gasvryheid en pragtige tuin waar die geselligheid plaasgevind het.

 

Natuurlik is so ‘n geleentheid nie moontlik sonder die vrygewige borge wat gesorg het vir die pryse by die gelukkige trekkings nie.

Daar is heelwat ingesamel.

 

Die pretstap is tans deel van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue projek wat Nieuwoudtville VLV graag ondersteun.

 

Pretstap 2018 Avontuur

 

Pretstap Ernst

 

Pretstap Sakkie

 

Pretstap tannie Betsie

 

Pretstap tannie Hettie