Sirkel:  SWD

Tak:  Klein-Brakrivier

Beriggewer:  Lydie Terblanche

Datum: 25 September 2018

 

 

Op 25 September het die VLV Klein-Brakrivier Tak sy laaste vergadering vir 2018 gehou. ʼn Begeesterde bestuurspan het die byeenkoms gekoördineer. Dit was ook die laaste kans om vir die kompetisies in te skryf en die dames het soos gewoonlik uitgehang. Die jaar se inskrywings was ʼn massiewe 278 items! ʼn Spesiale marktafel het gekreun onder pannekoek en ander lekkernye wat terstond uitverkoop het. Drie maklike tuisgemaakte kersgeskenke is bespreek en daarna uitgeloot.

 

Op 23 Oktober is daar ʼn kleurvolle SWD Sirkel Intertak lentetee, ook in die Reebok gemeenskapsaal, 9.00 vir 9.30. Behalwe smullekker eet- en drinkgoed, musiek, lootjies en lekker kuier, is daar ook ʼn kers-snuistery-tafel vir oorspronklike kersgeskenke. Sit ʼn hoed op jou kop of ʼn blom in jou hare, maar moenie dit misloop nie! Die publiek is meer as welkom, kaartjies is sleg R50. Kontak HESTER ([email protected]) so gou as moontlik.

 

 

Suzette O’kelley, Hester Krige & Marietjie Albrecht wenners van die kersgeskenke.

 

 

Bedsokkies VLV

 

 

 

 

Pragtig versierde kerskoue

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Mus vir Kansa

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Helene se ongelooflike borduurwerk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Blommerangskikking vir kerstafel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wen-inskrywing kersversiering vir kerstafel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog ‘n kersversiering vir kerstafel

 

 

 

 

 

 

Interessante handvlyt

 

 

 

 

 

 

Kersrangskikking

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenner van kersrangskikkings