Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 10 Oktober 2018

 

Lentetyd

 

Op maat van musiek arriveer die lede en gaste op ’n pragtige lentedag by die vergadering. Dis hier waar

Rehan Kruger, plaaslike juweelontwerper, die energieke spreker is. Dis regtig opwindend om so ’n passievolle spreker, wat ook intens betrokke is by gemeenskapsbeveiliging, aan te hoor.

 

Salome du Toit, saamroeper, Rehan Kruger, spreker, en Alice Swanepoel, takvoorsitter

 

Hulle beveiligingspan werk nou saam met SAP, hy meer in ’n mediese rol. Hulle “koop tyd” vir die dokters en ambulanse wat later arriveer. Hulle stabiliseer die beseerdes en kleurkodeer die geval sodat die ambulansbestuur weet watter diens hulle moet stuur.

 

As juweelontwerper het hy eers baie van sy tyd bestee om items vir winkels te vervaardig. Sy persoonlike kliëntebasis het egter so uitgebrei dat hy nou Kruger Bespoke Jewellery Creations oopgemaak het. ’n Groot besluit was om ’n eie winkel oop te maak(dan moet hy voorraad aanhou, huur betaal en werkers aanstel) of om tuis te werk; laasgenoemde het gewen en hy het nou-al iemand wat sy vakleerlingskap by hom doen. Hy werk in twee rigtings naamlik nuwe verloofringe ensovoorts en in die beleggingskant (items wat in waarde kan vermeerder). Mense bestel edelstene wat geset is, stafies goud, diamante en kliënte van Londen, wat groter stene koop, want die pond is baie sterk, is vollop. Robynne is jou duurste stene en kom veral van Sri Lanka en Birma af. Die waarde van ’n steen groei soos dit skaarser word. Jy kan die mooiste steen hê, maar daar moet ’n medium wees om dit vas te hou en dis waar hy inkom. Goud word geset in juwele, in tande, is die koning van metale en word baie vir seremoniële redes, troues en vir versiering, gebruik. Platinum is die byproduk van goud uit mynhope. Platinum is ’n sensitiewe metaal wat meer duursaam is en ’n digte metaal. Dit gaan alles oor die allooi wat bygevoeg word. Hy maak gebruik van die Hallmark sisteem waar 75% skoon goud is en 25% allooi. Hy gebruik aparte toerusting om met platinum en goud te werk.

 

Die lede het omtrent ge-ooo en ge-aaa toe hy stene rondgestuur het. Die emosies het wipplank gery toe hy ’n pragtige pink steen geset in goud aan ’n hangertjie skenk vir die tak om fondse in te samel vir kankernavorsing; so baie van die dames is self of weet van iemand wat geraak word deur borskanker.

 

Frouwien du Toit bedank die spreker en ontvang die fondsinsameling-item

 

Uitstalling – verhaal van musiekopnamesPragt