Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: NellieViljoen

Datum: 25 September 2018

 

 

Vryburg VLV fokus op opvoeding en Cecile Venter, sielkundige berader, wat veral met kinders werk, gesels oor boeliery. Boelies leer nie om verantwoordelikheid vir die gevolge van hul dade te aanvaar nie en is dikwels self geboelie. Die slagoffer verloor selfvertroue en hul selfbeeld bereik ‘n laagtepunt. Die kenmerke is dikwels ontkenning, onttrekking, angs, verlies aan aptyt, buierigheid, gemoedskommelings en woedebuie. Sommige kinders loop weg om te ontsnap. Die kind moet gehelp word om vir homself op te staan. Soms kan die kind wegstap, maar hy moet stop, dink en dan doen. Dit sal goed wees as alle skole ‘n antiboelieprogram instel wat kinders sal bemagtig en beskerm.

 

Liselet Jacobs skets faktore wat aanleiding gee tot tuisonderrig soos afstand vanaf skole, tydsbestuur, gehalte van onderrig, kurrikulums, geloofsoortuigings of boeliery. Dit is onderhewig aan wetgewing en assessering vind plaas deur toetsreekse en eksamens. Verskeie internasionale skoolverlatersdukumente kan verwerf word om toelating tot tersiêre studies te verkry. Dit stel besondere hoë eise aan ouers maar skep die geleentheid om besondere bande tussen ouer en kind te vorm. Daar word spesiaal geleenthede geskep vir sosialisering en kultuur en individuele deelname aan sport. Haar dogter Zelri, lewer ‘n sangsolo.

 

Cecile Venter, Esta Twigge, Liselet en Zelri Jacobs by Vryburg VLV se vergadering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie Steyn het by die afgelope VLVK kongres ‘n sertifikaat behaal vir borduurwerk en ‘n trofee vir kloskant.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien van Niekerk gee wenke hoe oumas die tablet kan inspan om pret saam met hul kleinkinders te hê.