Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Orania

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Alma Potgieter

Datum:  13 September 2018

 

Gaby Leone van Orania, Sirkel Noord-Karoo, vertel die dames van permakultuur en voedselsekerheid.

 

Permakultuur beteken natuurlike hulpbronbewerkingsmetodes wat blywend lewensvatbaar, m.a.w. volhoubaar is. Dit is ‘n ingesteldheid van vrywillige spaarsaamheid binne ‘n geslote stelsel. ’n Geslote stelsel beteken dat ons ons hulpbronne so lank moontlik deur herbenuttimg en hernuwing behou. Ons probeer om byvoorbeeld water en organiese materiaal op ons eie persele te behou en te bewerk.

 

Aangesien die gedagte is dat so min as moontlik van ons hulpbronne die perseel behoort te verlaat, kan die volgende gedoen word ter voorbereiding van die permakultuur kostuin:

 

Metaal:  blikkies, spykers en ander skrootmetaal vir die bodem van jou groentetuin beddings.

Nie-glans koerantpapier en karton:  bo-op die gras wat jy wil omskep in blare ‘n groentetuin en as deel van die komposhoop.

Jogurt en margarien houers en plastiekbottels: maak dreineringsgate in hul bodems en gebruik om saailinge te kweek.

Droë blare: vir die komposhoop, kostuin en as koolstofryke deklaag.

Hout:  Stompe en takke – verbrand en sit die koolstofryke as op die komposhoop.

Tuinafval, insluitende grassnysels, is stikstofryk: vir die kostuin of komposhoop.

Ongekookte kombuis vrugte- en groenteafval, eierdoppe, koffiefilters en koffiemoer, teeblare en teesakkies: vir die groentetuin of komposhoop.

Gekookte kombuisafval, uitsluitende vleis en melkprodukte: vir die wurmdrom.

 

Orania se gemeenskap lê baie klem op herwinning en herbenutting en word aangemoedig om hul eie kostuine aan te lê.