Sirkel: Noord Karoo
Tak: Britstown
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Sunel van Rensburg
Datum: 5 September 2018
Die Landbouprogram is gelei deur Landbou Sameroeper, Michelle Jansen van Rensburg
Wille Esterhuizen, eienaar van Smartt Karoo Organic (SA’s only certified organic meat!), vertel wat alles in plek moet val om gesertifiseer te kan word as organies in jou boerdery.
Smartt Karoo Organic se missie is “Bringing the farm to the forks of all South Africans”.
Boere moet stadig te werk gaan om organiese bedryfsmetodes aan te neem. Hierdie proses kan tot drie jaar neem.
Die Suid-Afrikaanse organiese bedryf het 250 gesertifiseerde plase regoor 45 000 hektaar grond, wat 0,05% van die land se totale landbou-area uitmaak.
Maar wat presies is organiese boerdery? In wese is dit die vervaardiging van goedere in harmonie met die natuur, sonder om skadelike chemikalieë en genetiese manipulasie te gebruik. Organiese boerderymetodes sluit die volgende in: biologiese insekdoders, beplanting om insekte aan te trek wat ongewenste peste kan afweer, en die afwisseling van gewasse tussen lande.
By vars produkte is organiese boerdery ’n delikate ekologiese balans wat met verhoogde grondvrugbaarheid begin en bevorder word deur kompos, dekgewasse, wisselbou, bemesting en deklaagbewerking sonder om chemiese middels te gebruik.
In veeboerdery behels organiese boerdery ook chemies-vrye grond en water, en bevorder ook goeie, natuurlike dierewelsyn in die teling, grootmaak en hantering van die diere.
Vereistes van gesertifiseerde organiese produkte:
- Geen skadelike chemikalieë is vir drie jaar gebruik nie.
- Die boer hou gedetailleerde verslae van hul praktyke en het ’n aangetekende ouditspoor.
- Die boer gebruik ekologies-vriendelike metodes en stowwe om die grond te verbeter en peste te beheer.
- Die plaas het jaarlikse sertifiseringsinspeksies.
- Biodinamiese beginsels.
Biodinamieka behels ‘n holistiese, ekologiese en etiese benadering tot boerdery, tuinmaak, kos en voeding. Sluit ook in die erkenning van ‘n spirituele element.
Leave A Comment