Sirkel: Noord Karoo

Tak: Murraysburg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Rene Swanepoel

Datum: 20 September 2018

 

Op ‘n heerlike lente oggend in September, het Murraysburg VLV weereens ‘n geslaagde oggendprogram vir vroue van die gemeenskap aangebied.  Verskeie aktuele onderwerpe is behandel.

  • Hantering van gesinsgeweld: Me Leonie Slabbert, kantoorbestuurder van die plaaslike landdroskantoor, verduidelik die verskillende optredes wat as gesinsgeweld geklassifiseer kan word. Sy beklemtoon veral jou regte t.o.v. gesinsgeweld/teistering.  Sy moedig die dames aan om eerstens ‘n saak by die SAPD aan te meld en ‘n interdik teen die oortreder te kry.  Indien ‘n saak nie teruggetrek word nie, bly dit geldig in geval van ‘n volgende oortreding en hoef dit nie van vooraf gedoen te word nie.  Sy verseker almal dat hulp en ‘n simpatieke oor altyd beskikbaar is.

 

  • Basiese higiëne word ook bespreek, veral om aansteeklike siektes te beperk of selfs te verhoed.

 

  • Twee praktiese demonstrasies is gedoen, nl. Die voorbereiding van ekonomiese geregte vir die gesin,  asook  hoe om herbruikbare sanitêre doekies te maak.

 

  • ‘n Vrolike ontspanningsitem deur ‘n plaaslike sanger het almal in ‘n ontspanne luim gehad.

 

  • Gelukstrekkings van boompies, potplante en verskeie ander bruikbare items het vir lekker verrassings gesorg.

 

‘n Leersame en gesellige oggend is afgesluit met saamkuier om ‘n koppie tee/koffie en verversings.

Dames by vroueprogram

 

Leonie Slabbert, spreker, en Lina van der Bergh, Openbare Sake Saamroeper.