Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alet Colyn

Datum; 18 September 2018

 

Hanlie Snyman van Bernina het die dames kom raad en wenke gee oor hoe om jou lyf te identifiseer en goeie modekeuses te maak.  Bepaal of jy ‘n appel-,peer- of aarbeifiguur het en balanseer dan jou figuurfoute met styllyne.  Daar heers algehele chaos in die meeste van ons se klerekaste.  Sy vertel hoe ons onsself moet meet sodat ons slim aankope kan doen en dat ons klere goed aan ons lyf moet lyk.

Hanlie maak ons opgewonde oor die nuwe seisoen!

 

 

Hanlie Snyman (spreker) en Magdeleen Joubert (sameroeper)

 

 

  Magdeleen spog met haar Clivias op die teetafel.