Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Beriggewer: Annalie Roux

Datum: 20 September 2018

 

Alexandria Tak het op versoek die projek aangepak om poppe vir die Port Alfred polisiestasie te maak. Die kinderbeskermingseenheid benodig die poppe om hulle by te staan met kinders wat seksueel gemolesteer is. Die poppe, manlik en vroulik, het geslagsorgane.

 

Sharon MacDonald het voorbeelde van die poppe gewys en patrone verskaf aan die lede om poppe te maak. Meisie- en seunspoppe asook volwasse poppe van verskillende rasse is gemaak.

 

Tydens die Potpourri vergadering, 20 September, het Shirley Vorster, hoof  van die Bushken Pre-Primary skool kom vertel hoe die onderwysers kinders kan identifiseer wat seksueel, emosioneel asook fisies gemolesteer word. Die stappe wat die skool volg om die saak te hanteer en te rapporteer is met ons gedeel. Lede is aangemoedig om gevalle te rapporteer wat in die gemeenskap opgemerk word by die polisie- of welsynkantoor wat dan sal opvolg. “Gut instinct” moet gebruik word wanneer jy tekens van molestering opmerk. Onderskeiding tussen die woorde “secret” en ”surprise” word beklemtoon. “Surprise” is wanneer jy iemand verras met iets, waar “secret” dan ‘n geheim kan wees wat die molesteerder van die kind verwag om stil te bly.

 

Konstabel Sandra Catherine van die Kindermishandelingseenheid, Port Alfred, het vertel hoe hulle te werk gaan om molesteerders vas te trek. Die gebruik van poppe om die kinders te help om hul “storie” te vertel sonder woorde is beklemtoon. Hierdie poppe word ook in die hof gebruik waar kinders in ‘n vertrek geplaas word. Terwyl die kinders met die poppe speel doen hulle sekere dade met die poppe wat daarop aandui dat hulle gemolesteer word.

Kolonel Lizette Zeelie, Stasiekommissaris van die Port Alfred area, het vertel van die “Victim Centre” in Port Alfred waar slagoffers van seksuele mishandeling voorsien word van die nodige items soos skoon onderklere, waslappie, deodorant ens. Sy het klem daarop gelê dat die slagoffers ook emosionele steun benodig tydens die proses, asook hofprosedures.

Lede wat help maak het aan die poppe is bedank en die poppe is in ontvangs geneem.

 

Konstabel Sandra Catherine wys die poppe saam met Sharon wat toekyk.

 

Voorbeeld van hoe die kinders wat gemolesteer word met die poppe speel, word deur Konstabel Catherine gedemonstreer.

 

Lede wat poppe gemaak het saam met Kolonel Lizette Zeelie en Konstabel Sandra Catherine

 

Shirley Vorster van Bushken Pre-Primary