Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 30 Augustus 2018
Wat ‘n spoggeleentheid!! ‘n Lente modeparade, aangebied deur Milady’s word in die gholfklubsaal, met ‘n pragtige panorama, gehou. Johan de Jager ontvang die gaste buite met sy ou Williston trekklaviertjie.
Ses van die tak se lede tree as modelle op om die nuutste somermodes bekend te stel. Ontspanningsdrag en formeledrag met bypassende juwele en bykomstighede, word vertoon.
Die modelle sluit af in “alles in wit”, om te wys dat dames bo 50 jaar nog wit kan dra. Deur jou bykomstighede aan te pas kan dit net so goed as ontspannigsdrag of as formele drag gedra word.
Johan de Jager en Gert van der Vyver het die gaste met musiek vermaak en Marlie Retief, ‘n plaaslike kunstenaar, het sangitems gelewer.
Die modeparade is gehou om fondse in te samel, maar die eintlike doel was om die V.L.V bekend te stel. Vyftig nie-lede het dit bygewoon.
Johan de Jager ontvang die gaste
Tafel
Karen Hugo
Gerda v.d. Vyver, Gwen Engelbrecht, Lydia Lötter, Elsie Vorster, Johanna van Wyk en Karen Hugo
Gert v.d. Vyver en Johan de Jager speel op ‘n Serfyntjie(huisorreltjie)
Gert v.d. Vyver en Johan de Jager
Leave A Comment