Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer : Erika Linde

Datum : 12 September 2018

 

Die dames van Mimosa het ‘n heerike Lente oggend vergadering gehou by die kerksaal op Louwna.

 

‘n Demonstrasie is deur een van die huishulpe, Bettie Jurumoreng, gegee oor die maak van ‘n smaaklike gesonde saadbrood. Daar was ‘n hele aantal huishulpe van die lede teenwoordig wat die brode terselfdertyd aangemaak en in die oond gebak het terwyl die vergadering aan die gang was. Ook het Bettie vir die gaste ‘n smullekker melktert gedemonstreer. Daarna het Griselda Pretorius vir almal gewys hoe om baie lekker vetkoek aan te maak met kitsgis.

Die vergadering is afgesluit met ‘n lekker koppie sop, saadbrood en vetkoek en maalvleis. Dit was weereens ‘n bewys van hoeveel welwillendheid daar tussen ons bevolkingsgroepe bestaan ten spyte van verskille in kultuur.

 

Bettie Jurumoreng demonstreer

 

Ander huishulpe doen ook mee.